top of page


Leendert Koekemoer: Langpad na goud en rekords

Hoofgebou vier 100 jaar

Atletiekspan: 754-punt legkaart tot sukses


Goue gees loop hoog


Skryf in vir ons hoofgebou fotokompetisie!

A+ vir Afrikaans

Onnies is reggebek en vol humor
Search


Dans: Domunique se tweede taal
Domunique Nel (gr. 10) is al vir die afgelope agt jaar ʼn aspirant hip-hop- en fusion-danser by Fusion Dance International. Sy presteer uitstekend en deel haar talente toewyder, ywer en hope entoesiasme. Domunique het in 2025 uitmuntende prestasies in verskeie danskompetisies behaal. Sy het vier goue toekennings gewen vir haar solo-optredes by Show your Talent. Haar GrandPrix-span is onder die top tien van die week[IV1] aangekondig en haar duet Dolly Drop het ’n Platinum Plus
Stella Combrink
Apr 261 min read


Die kuns van krag
Liam Page het Suid-Afrika in 2025 in Japan verteenwoordig en drie medaljes verower. Foto: verskaf Kennis word op verskillende maniere ingesamel. Vir Liam Page (gr. 9) is judo nie net ’n sport nie, maar sy manier om nuwe kennis te verwerf. Hierdie vegkuns is ’n opvoedkundige metode wat ’n kombinasie van gooie, worsteling en gewrigslotte bevat om jou opponent te onderwerp. Liam se liefde vir judo is deur sy familie gevorm. Sy pa en nefie vind albei genot in vegkuns. Toe ses-jar
Leonie du Preez
Apr 262 min read


Me. Marione nou 'n Helpie
‘n Ware boffin in teater, landswenner van die Reza De Wet tienertoneelkompetisie en self ‘n skrywer en onderwyseres. Sy het ‘n blywende impak agtergelaat in die toneelwêreld en nou poog sy om dieselfde by Helpmekaar te doen. Lourens Pauer gesels met me. Marione Muller. Watter musiekblyspelkarakter vereenselwig u mee? Gabriella Montez van Highschool Musical , sy is my gunsteling karakter uit enige musiekblyspel en sy is hardwerkend en gefokus op haar skoolwerk. Sy hou tog
Lourens Pauer
Apr 61 min read


Jané Mulder se reis van Helpmekaar na Springbok-vlak
Op skool het Jané Mulder uitgeblink in netbal en atletiek, deesdae maak sy naam in sewesrugby. Foto: linkedin J ané Mulder, ’n trotse oud-leerder van Helpmekaar Kollege, het naam gemaak as een van Suid-Afrika se opkomende rugbysterre. Van netbal en atletiek op die Helpie-gronde tot ’n plek in die Springbokke se o. 20-vrouespan en kaptein van die Universiteit van Pretoria (Tuks) se kampioenspan in sewesrugby van die University Sports Association (USSA). Jané se storie is ’n in
Emily Olivier
Apr 44 min read


Juliette maak ’n grap van gravitasie
Juliet het al verskeie kere tydens optredes die gehoor na hulle asems laat snak om enkele minute later in harde applous uit te bars. A gter die jong vrou wat letterlik teen gravitasie werk, skuil ’n verhaal van talent en toewyding. Dit het Jankia du Toit oor lugakrobaat Juliette Leathman (gr. 12) ontdek. Hoe lank is jy al besig met jou lugakrobatika? Ek dink ek het aan die einde van 2021 (gr. 8) begin. My hoërskoollewe het baie besig geraak en ek moes ’n breek vat, maar ek s
Jankia du Toit
Jan 12 min read


Gooi vir goud!
Kayla Wolfaardt gesels met Jan-Hendrik Heymans (gr.12) – 'n kranige spiesgooier met groot drome. Jan-Hendrik Heymans in aksie tydens die Superinterhoër vroeër die jaar. Foto: https://ssschoolsplus.co.za/ Hoe het jy begin met spiesgooi en wat het jou geïnspireer om juis dié item te kies? Ek het krieket gespeel en is op die grens gesit om die bal in te gooi omdat ek so ver kon gooi. My ma het voorgestel dat ek moet probeer om ‘n spies te gooi, dus het my ma, wat soveel vertrou
Kayla Wolfaardt
Nov 6, 20252 min read


Van terugslag tot triomf: Nathann Knoop vind sy passie
Nathann Knoop saam met jukskei-spanmaat, Almay Erasmus. T ussen die sand en die son staan Nathann Knoop (gr. 12) gereed op die baan – ’n jong man met ʼn vasberadenheid in sy houding en nederigheid in sy glimlag. Hy is onlangs aangewys as ons skool se beste jukskeispeler – ’n eer wat sy harde werk en liefde vir dié sport beklemtoon. Vir Nathann is jukskei egter meer as net ’n sport, dit is deel van wie hy is. Nathann het in ’n gesin grootgeword wat glo dat sport ’n noodsaaklike
Almay Erasmus
Oct 11, 20252 min read


Agter die masker: Die verhoog is haar tuiste
Almay Erasmus as Kayla in die tienertoneel, " Naelstring." Foto: verskaf. V ir baie is toneelspel slegs fantasie. ’n Masker wat jy dra...
Inge Vermaak
Aug 28, 20252 min read


Van stoute kinders na stille natuur
H et julle al ooit gewonder watter ander vakke menneer Hennes sou gee? Baie min sou gedink het dat van alles, sou hy Geografie wil gee....
Alexi Davel
Jun 10, 20252 min read


Helpie-koshuis nie net ʼn blyplek ʼn ware huis
In ʼn dikwels vergete, maar bedrywige gebou aan die voet van die Bruin Reus bly ʼn klompie koshuisbrakke wat sterker as Chuck Norris is,...
Lienke Olivier
Aug 31, 20243 min read


Alba leef haar droom
Esti Opperman gesels met Alba Kloppers oor haar sangloopbaan.
Esti Opperman
Aug 29, 20241 min read


Oud-Helpie strewe om die omgewing te ontgif
D it is altyd baie opwindend om te hoor van ʼn oud-leerling wat hulle vlerke wyd sprei. Simoné Heyneke het in 2019 gematrikuleer en het...
Simonne van der Vyver
Aug 27, 20242 min read


Geen keer aan gr. 11-ruiter
Danielle Wilkinson moes haarself al oortuig om weer op ’n perd te klim ná ’n “verskriklike slegte val”. Sy vertel Sophia Venter van die...
Sophia Venter
Aug 27, 20241 min read


Sibbe woeker in swembad
“Swem net vinniger”. Dié woorde van Helpmekaar se skoolhoof, Klaus König, gaan deur haar kop tydens ʼn swemkompetisie, sê Ziné Mostert...
Nina Nieuwoudt
Aug 27, 20241 min read


Tennisonnie se tennisreis inspireer
Die Helpies se tennisseisoen het van krag tot krag gegaan en met mnr. Henco Doman aan die stuur, hoe dan anders? Mnr. Henco gesels met...
Bernard van Krieken
Aug 27, 20242 min read


Kolskoot! Emma tref teiken in München
Emma Bornman (gr. 11) was een van die jongste spanlede wat Suid-Afrika onlangs by ’n internasionale skietkompetisie in München,...
Lienke Olivier
Aug 27, 20242 min read


Hoofseun gesels prontuit
Helpmekaar se se hoofseun, Motlatsi Moloi, gesels met Daniël Basson. As ‘n kranige rugbyspeler, hoe sou jy ons eerste rugbyspan in drie...
Daniël Basson
Aug 26, 20241 min read


Die dirigente dink terug oor hul termyn
Kaitlin Scott gesels met die dirigente oor 2024: hul gunstelingkrete, gunstelingdeel van dirigent-wees en wat vir elkeen die lekkerste...
Kaitlin Scott
Aug 26, 20242 min read


Suné vind vreugde op die tennisbaan
Suné Thomas (gr.10) speel tennis vir Helpmekaar se tweede span. Suné het tennis begin speel toe sy nog baie klein was, en sedertdien...
Carien van Krieken
Aug 20, 20241 min read


Veelsydige Waldri ‘pas nie in boksie’
D it is geen wonder dat ’n mens Waldri Viljoen (gr. 12) se krulkop oral by die skool sien nie. Sy het ’n lys talente en titels:...
Paul Bester
Aug 16, 20241 min read
@helpieflitse
Kontak ons
Hoek van Empireweg en Mellestraat, Parktown, Johannesburg
+27 11 339 2226/7
bottom of page
