top of page

Me. Marione nou 'n Helpie

  • Lourens Pauer
  • 12 hours ago
  • 1 min read

‘n Ware boffin in teater, landswenner van die Reza De Wet tienertoneelkompetisie en self ‘n skrywer en onderwyseres.  Sy het ‘n blywende impak agtergelaat in die toneelwêreld en nou poog sy om dieselfde by Helpmekaar te doen. Lourens Pauer gesels met me. Marione Muller.





Watter musiekblyspelkarakter vereenselwig u mee?

Gabriella Montez van Highschool Musical, sy is my gunsteling karakter uit enige musiekblyspel en sy is hardwerkend en gefokus op haar skoolwerk.  Sy hou tog ʼn balans tussen skoollewe en persoonlike lewe.  Ek probeer om ook self ʼn balans te skep tussen my werkslewe en persoonlike lewe en sy is ook baie mooi.

 

Verkies juffrou films, boeke of blyspel en waarom?

Boeke, want ek het ʼn verskriklike verbeelding en hou daarvan om my eie prentjies te maak in plaas van om ander se ‘ideale’ karakters te sien.

 

Aangesien u nuut is by die skool, wat is een ding wat juffrou opgewonde maak

Ek voel ek gaan ʼn nuwe perspektief bring om konneksie te bou tussen ons en die kinders.  Ek is jonger as die res van die onderwysers en was onlangs in die posisie waar leerders tans is.  Daarom voel ek, ek gaan ʼn ander aanslag bring.

 

As u enige toneelstuk (sonder beperkings) se regie kon behartig wat sou dit wees en hoekom?

Hairspray, dit is ʼn groot geselskap daarom bied dit baie geleentheid vir baie leerders, asook die les daar agter.  In die musiekblyspel word daar gewys dat ʼn mens nie hoef deel te wees van die norm nie en kan self spesiaal wees.  Ek voel dit is ʼn gepaste boodskap vir hoëskoolleerders.

Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page