top of page

Roux klim die (rots)muur van sukses

Mia Ainslie
Jul 16
1 min read
Roux Wentzel het Suid-Afrika in 2026 in Rotsklim verteenwoordig. Foto: Christi Lourens
Roux Wentzel het Suid-Afrika in 2026 in Rotsklim verteenwoordig. Foto: Christi Lourens

Om die besige Roux Wentzel (gr. 10) uit sy element - die klimmuur - te haal, is ʼn uitdaging. Rotsklim is vir Roux nie net ʼn sport nie, maar ʼn leefstyl. Tussen sy lang oefensessies, ontmoet Mia Ainslie uiteindelik die man agter al die goue medaljes.

 

Danksy sy vriende se aanmoediging sowel as sy rolmodel, die wêreldrekordhouer, Sam Watson, se inspirerende woorde “Anything is possible,” doen Roux al vir twee en ’n half jaar rotsklim. Hy spesialiseer nes sy rolmodel in speedclimbing. Hy sê: “Ek geniet meestal die vloei gevoel as ek klim, wanneer alles saamwerk en dit voel asof ek boontoe hardloop.”

 

Om daardie lekker hardloop gevoel te kry moet ’n mens egter baie hard oefen. Roux oefen vir drie tot vier ure, vyf dae van die week. ’n Tipiese oefensessie bestaan uit ’n uur se opwarming en twee uur se klim gevolg deur ’n uur se oefen. ’n Mens voel sommer moeg deur net daaraan te dink, maar vir Roux is dit die moeite werd. Hy klim die goud los by die nasionale kampioenskappe en kry die geleentheid om die wêreld te sien deur na Finland te reis om aan die IFSC Youth World Championships deel te neem. Roux sê: “Daar is nie ’n lekkerder gevoel as om ’n roete klaar te maak ná weke wat jy daaraan gewerk het nie.”  

 

Rotsklim leer jou harde werk, deursettingsvermoë en om in jouself te glo. Rotsklim is beslis meer as net ’n sport.




Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page