Ek vind dit moeilik om die rubriek rugbygeoriënteerd te hou, sonder om die olifant in die wit-en-blou Virseker-baadjie te adresseer. Passie Erasmus verskyn die naweek op die Bult; hy en die Helpies het eerlikwaar die GEES gebring. Die atmosfeer op die paviljoen was werklik elektries. ’n Skool wat saamkom, wat saam sit in afwagting en wat saam hoop. Die Eerstes hardloop deur die rugbyveld-lengte-tonnel en honderde Helpies storm terug paviljoen toe om ’n sitplek te verseker. Di