top of page

Die stille held agter die historiese Interhoërwen

Lizé Pelser
Apr 30
2 min read
Die Helpie-ateltiekspan vier fees na die historiese wen. Foto: Daniel Bukes
Die Helpie-ateltiekspan vier fees na die historiese wen. Foto: Daniel Bukes

Enrique Bosch (gr. 11) is ʼn 110 m-kampioen, maar sy individuele voorkeure is nooit belangriker as die span nie. Dít het hy weer eens bewys met sy deelname aan die 400m-hekkiesitem tydens Interhoër wat bygedra het tot Helpmekaar Kollege se historiese 10de wen tydens die Superinterhoër.

 

Wat beteken die wen van die Interhoër 400 m-hekkies vir jou, veral met die oog op provinsiale en SA-kampioenskappe?

Ek het die 400 m hekkies vir die Helpies gehardloop om ons Interhoër-span ’n beter kans te gee om weer vir ’n 10de keer te wen. My afrigters het my so bietjie meer as ’n week voor Interhoër laat oefen. Daarna het dit maar afgehang van wat op die dag sou gebeur. Ek was regtig verras toe ek sien dat ek die goue medalje gewen het en opgewonde dat ek die span kon bystaan. Dit het my laat besef dat as jy jou energie en tyd in iets sit, dit dikwels tot ’n positiewe resultaat lei. My fokus vir toekomstige provinsiale en SA-kampioenskappe gaan op my 110 m-item wees.

 

Watter deel van jou voorbereiding vir die 400 m-hekkies fokus jy die meeste op, en hoekom?

Ek het meer op die mental deel gefokus. Ek het geweet ek kan dit doen, maar ek moes dit self glo. Ek het 290 m verder gehardloop as wat ek gewoonlik doen, so dit was meer ’n geestelike as ’n fisiese voorbereiding. My afrigters berei my fisies baie goed voor. Met hekkies is dit baie belangrik om in jouself te glo en jouself elke keer beter te probeer maak. Die grootste deel vir my is om vir God te hardloop, en ná die tyd al die dank en eer aan Hom te gee.

 

 

Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page