top of page

Dans: Domunique se tweede taal

  • Stella Combrink
  • 12 minutes ago
  • 1 min read

Domunique Nel (gr. 10) is al vir die afgelope agt jaar ʼn aspirant hip-hop- en fusion-danser by Fusion Dance International. Sy presteer uitstekend en deel haar talente toewyder, ywer en hope entoesiasme.


Domunique het in 2025 uitmuntende prestasies in verskeie danskompetisies behaal. Sy het vier goue toekennings gewen vir haar solo-optredes by Show your Talent. Haar GrandPrix-span is onder die top tien van die week[IV1]  aangekondig en haar duet Dolly Drop het ’n Platinum Plus-toekenning ontvang. Haar hip-hop-span, Prime Supreme, is ook bekroon vir beste musiek, energie en choreografie. Te danke aan Domunique se indrukwekkende prestasies is sy gekies om Suid-Afrika in Julie 2026 in die VSA te verteenwoordig – ʼn uitsonderlike eer.


Domunique werk hard en spandeer baie tyd aan oefening en voorbereiding. Sy neem ook deel aan klub- en skoolhokkie en doen ook gewigstoot vir Helpmekaar se atletiekspan. Saam met hierdie besonderse besige skedule, moet sy nog haar skoolwerk aanpak. “ Ek oefen Woensdae, Donderdae, Vrydae, en soms naweke, vir twee uur per dag,” verduidelik sy.


Dans is Domunique se tweede tuiste en sy raak heeltemal verlore daarin. “Dit bring iets uit my uit en ek het ’n konneksie daarmee op ʼn emosionele vlak. Ek is mal daaroor,” verduidelik sy. “Een woord wat my ervaring met dans, en sommer dans oor die algemeen, die beste beskryf, is ‘wonderwerk’. Dis definitief iets wat ek wil doen met my lewe eendag.”


Domunique sit haar hele hart en siel in haar dans en haar uiterse toewyding en passie daarvoor is onmiskenbaar.

 


Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page