top of page
  • Jaiden Henning

ʼn Goue begin


Goue gees, goue uitslae en goue samesyn – dit is hoe vanjaar se Goueliga-atletiek beskryf kan word. Helpmekaar het op Woensdag, 15 Februarie die jaarlikse Goueliga-atletiek gehou. Verskeie skole, insluitend Hoërskool Centurion, Hoërskool Dr EG Jansen, Hoërskool Menlopark, Hoërskool Garsfontein, Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Oos-Moot, Hoërskool Voortrekker, Edugate Academy, Hoërskool Vorentoe, Windhoek Gymnasium en King Edward VIII (KES) het aan die byeenkoms deelgeneem. Hoewel Helpmekaar nie gewen het nie, was dit ʼn goeie geleentheid vir ons as skool om saam te staan en gees te vang.


Daar is 28 goud, 29 silwer en 32 brons medaljes verower, met nege rekords wat deur die Helpies gebreek is. Ons 20 hoogste puntetellings is almal oor die 800. Die puntetelling verloop as volg:


1. Leendert Koekemoer, 936

2. Chemené Mentz, 921

3. Zander Naudé, 915


4. Delano Maritz, 884

5. Renette Strydom, 880

6. Jaden de Wet, 879

7. Vené Esterhuyse, 871

8. Amea de Klerk, 871

9. Keira Pienaar, 864

10. Miandi Breedt, 863

11. Nicole Alberts, 858

12. Rohan Rautenbach, 856


13. Catelyn Nelson, 853

14. Ulrich van der Merwe, 849

15. Mbali Kamele, 844

16. Stiaan Myburgh, 836

17. Dewald Rautenbach, 830

18. Zane Strydom, 827

19. Melissa van Niekerk, 826

20. Hanré Pillman, 824


Hierdie uitslae wys dat die Goueliga-atletiek ’n goeie begin van die atletiekseisoen was. Dit is presies wat die atlete en skool nodig gehad het en dien as die hupstoot wat almal gehelp het om na hoër hoogtes deur die seisoen te mik.

Related Posts

See All
bottom of page