top of page

Van vlug tot volk: Die Voortrekkermonument

  • Paul Bester
  • 3 hours ago
  • 2 min read
ree


Op 16 Desember 1838 het die Voortrekkers ’n gelofte afgelê om die dag jaarliks as ’n dankdag te herdenk en ’n plek van aanbidding op te rig. Later daardie dag het sowat 470 Voortrekkers ’n gewapende konfrontasie met ’n groot Zoeloemag by Bloedrivier oorleef en die stryd gewen.


’n Honderd jaar later word die hoekstene van die Voortrekkermonument gelê deur die agterkleindogters van die Voortrekkerleiers, Piet Retief en Hendrik Potgieter. Sowel as die kleindogter van Andries Pretorius. Die monument, wat ontwerp is deur die argitek Gerard Moerdijk, is 40 meter hoog. Dit gebruik eienskappe van Klassieke-Europese argitekturale styl, maar behou Boere-elemente met gebruik van standbeelde en geometriese patrone. Binne is ’n marmerfries met 27 panele wat verskeie oomblikke uitbeeld in die Groot Trek vanaf sy begin in 1835 tot die Slag van Bloedrivier en die stigting van die Natalia Republiek in 1838.


In die middel van die heldesaal is ’n senotaaf gemaak uit wit marmer wat elke jaar op 16 Desember 12:00 verhelder word deur ’n sonstraal wat deur ’n opening in die koepel skyn.

Oorspronklik was die monument gebou met 64 graniet ossewaens wat in ’n laer om dit rangskik is as herdenking aan Bloedrivier en om veiligheid te simboliseer. In die 1990’s is ’n amfiteater gebou om gebruik te word vir geloftedienste en ’n 240 hektaar spasie afgebaken om te gebruik as ’n natuurreservaat.


Op 8 Julie 2011 is die monument amptelik erken as ’n erfenisterrein deur SAHRA. Dit is ’n herinnering van die Groot Trek en die smart wat die Voortrekkers moes verduur om ons volk tot stand te bring, maar dit is ook ’n simbool vir hoop. In die woorde van dr. Danie Langer, besturende direkteur van die Voortrekkermonument: “Terwyl ons die verhale van die verlede vier, is die Voortrekkermonument van môre in my en jou hande.”

 


Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page