top of page
  • Bernard van Krieken

Tennisonnie se tennisreis inspireer

Die Helpies se tennisseisoen het van krag tot krag gegaan en met mnr. Henco Doman aan die stuur, hoe dan anders? Mnr. Henco gesels met ons oor sy eie tennisloopbaan en sy liefde vir die sport.

 

Hoe het mnr. ʼn liefde vir tennis ontdek?

 

Dit het begin waar ek tennis saam met my familie gekyk het, toe vat my Ma my vir ʼn tennisles, na net een les het ek geweet: hierdie is die sport vir my.

 

Watter tennisprestasies het mnr. behaal?

 

Tydens my skoolloopbaan was ek elke jaar aangewys as beste tennisspeler in die skool, vanaf graad 4 regdeur tot matriek. Ek het my hele skoolloopbaan provinsiaal gespeel en in my graad 11 en matriekjaar SA-skole gespeel. Op universiteit was ek Universiteit van Pretoria (Tuks) se nommer 1. Ek het in my finale jaar die Wêreldtennisspele se tennisspan gemaak waar ons Suid-Afrika verteenwoordig het.

 

Wie is mnr. se gunstelingtennisster van alle tye?

 

Definitief Rafael Nadal. Hy het respek vir sy opponente en hy gee altyd sy beste in elke wedstryd. Hy is net vir my 'n uitstekende ambassadeur vir die sport.

 

As mnr. die geleentheid gegun was om een van die groot tennistoernooie by te woon, watter een sal mnr. kies?

 

Sonder twyfel Wimbledon. Dit is die toernooi wat die meeste tradisie en geskiedenis het.

 

Dink mnr. dit sal 'n goeie idee wees om ʼn onderwyser-leerder toernooi by Helpmekaar aan te bied?

 

Ek dink dit is 'n great idee. Ek dink so 'n toernooi sal opgewondenheid skep onder almal: leerlinge en onnies.

 

Watter onnie sal mnr. in die onniespan wil hê?

 

As ek een onnie moet kies sal dit mnr. Lambré Kause wees, want ons oefen van tyd tot tyd saam tennis. En ook omdat ek wil wen.

 

Related Posts

See All

Kommentare


bottom of page