top of page

Tennis slaan stil-stil ʼn kishou

  • Kayla Wolfaardt
  • Apr 25
  • 1 min read
Die 0.15 tennisspan. Foto: verskaf
Die 0.15 tennisspan. Foto: verskaf

Sedert mnr. Henco Doman se betrokkenheid by Helpmekaar se skooltennis in 2023, het dié sport by die skool indrukwekkend gegroei.


Beide die seun- en dogterspanne het uitgebrei tot vyf spanne elk en hulle prestasies spreek boekdele. Helpmekaar se seuns het tans twee spanne in die Premierliga, die enigste skool wat dit reggekry het. Die ander spanne neem deel in hulle onderskeie ligas. Die afgelope seisoen het die seuns Interhoër gewen terwyl die dogters 'n knap tweede plek behaal het. Die seuns se A-span is tot dusver onoorwonne in ligawedstryde en het die St. Benedict’s-toernooi aan die begin van die jaar gewen en tweede geëindig by die St. Stithians Sports Festival in April. Die dogters het net een ligawedstryd verloor, terwyl die res van die spanne, buiten die B-span, nog onoorwonne is.

 

Amelie van Zyl (gr. 12) vertel: “My gunstelingtoernooi is die Hilton en St. Anne’s gemengde dubbelstoernooi. Dit is baie lekkerder om saam met iemand te speel, veral met seuns, aangesien hulle spel vinniger en meer doelgerig is. Ek dink skooltennis is die mees span-georiënteerde weergawe van ’n tipiese eenmansport.” Johnny Visagie (gr. 10) beskryf die St. Stithians Festival as ’n hoogtepunt met wonderlike verblyf en span-ervaring.

 

Mnr. Henco se visie vir die toekoms is om tennis by Helpmekaar verder uit te brei en om deelname by groot nasionale skooltoernooie te verseker. Dit bied nie net kompetisie nie, maar ook waardevolle blootstelling aan topskole regoor Suid-Afrika. By Helpmekaar lééf tennis – dit is ’n kombinasie van kompetisie, pret en gemeenskap.

 

 

 

 

Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page