top of page

Plekke wat praat

  • Carien van Krieken
  • Dec 30, 2025
  • 2 min read



Elke druppel water, klip en baksteen in Suid-Afrika vertel ʼn storie. Vanaf die verdrukking van Robbeneiland waar Nelson Madiba vir 27 jaar toegesluit was, tot die Voortrekkermonument wat al amper ʼn eeu terug gebou is in 1937 dui op die stryd, hoop en dapperheid van die generasies wat voor ons geleef het. Robbeneiland was nie net ʼn tronk nie, die Voortrekkermonument is nie net ʼn ou gebou nie – dit is vensters na ons verlede, herinneringe wat mens inspireer om te onthou, te leer en respekteer.


Robbeneiland                                                                                                          

Oud-president Nelson Mandela het op 23 September 1996 was ʼn voorstander van die bewaring van ons erfenis: “Ons ryk en veelsydige kulturele erfenis het ʼn diepgaande vermoë om ons nasie te bou.” Ten spyte van sy verlede op Robbeneiland het hy steeds ʼn manier gevind om te vergewe – en dit praat met die menswees van Suid-Afrika. Alhoewel die eiland oorspronklik gebruik was vir siekes en misdadigers het dit later ʼn simbool geword vir die stryd teen apartheid. Daarom, is dit baie duidelik dat die erfenis van ons land ver teruggaan in tyd. Dit vorm ons daaglikse menswees, ons manier van doen en late en al ons harde werk.


Voortrekkermonument

Suid-Afrika: “Die land van melk en heuning”, soos die sanger, Bok van Blerk sing beïnvloed Suid-Afrikaners deur die ryke erfenis wat in elke dorp, monument en huisgesin leef. Die Voortrekkermonument in Pretoria staan trots op ʼn heuwel en herinner ons aan ons voorouers naamlik die Voortrekkers. Die Voortrekkers het gereis opsoek na ʼn beter toekoms en werksgeleenthede. Vandag dien die besonderse monument as ʼn leer geleentheid vir elke individu om te besef dat elke groep in ons land sy eie unieke storie het. Dit is belangrik om verskillende geskiedenisse te verstaan en respek te kan toon vir almal se erfenis.


 Soos die reëndruppels val, klippe gebeitel word en bakstene gebou word moet ons besef ons leef Suid-Afrika se erfenis in verskillende klanke, geure, kleure, stories en plekke. Dis plekke wat met jou hart praat, jou siel raaksien en jou lief het saam jou pyn en smart. Vir jou, Suid-Afrika!


Ander plekke om te besoek:

Kaapse Floraregio Beskermde Gebiede

Wes‑, Oos‑ en Noord‑Kaap – 'n Biodiversiteitshoogburre area met oor 9 000 plantspesies, waarvan 'n groot deel endemies is.

Mapungubwe‑Kulturele Landskap

Limpopo – ‘n antieke koninkryk (900–1400 n.C.), bekend vir sy argeologiese waarde en historiese handelsnetwerke.

Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page