top of page
  • Marcus Ballot

Oud-Helpie vlieg hoog



Die vlieggogga het oud-Helpie, Coenraad Botha (matriek, 2014) op 16 reeds gebyt. Nadat hy matrikuleer het, het hy dadelik begin met sy vlieglisensie (PPL). Coenraad het daarna ʼn operasionele posisie by ʼn lugredery gekry terwyl hy deeltyds sy kommersiële lisensie voltooi het. In 2018 begin hy as vlieënier in die maatskappy. Sedert 2021 vlieg hy vir Airlink. ”Dit voel nie soos ʼn werk nie, ek word betaal waarvoor ek lief is,” vertel hy. Deesdae vlieg Coenraad Airlink se Embraer E-Jet wat meer as 50 ton weeg en tot 126 passasiers kan vat. Alhoewel dit Coenraad se gunstelingvliegtuig is, is daar ook ander vliegtuie wat hy in gevlieg het dit sluit in die Sling 2&4, Cessna (172,182,210), Beechcraft 1900 en vele meer.


Coenraad is bewus van die groot verantwoordelikheid wat op sy skouers rus. Hy vertel dat dit baie belangrik vir ʼn vlieënier is om verantwoordelikheid te neem van die veiligheid van sy passasiers. “Ek doen dit deur seker te maak ek volg die standaardprosedures, die wetgewing en deur altyd veiligheid eerste te stel.” Dit is ook belangrik volgens Coenraad om ʼn balans tussen werk en jou persoonlike lewe te handhaaf. Hy maak seker om wanneer hy nie werk nie om af te skakel en tyd saam familie en vriende deur te bring.


Coenraad se advies vir aspirant vlieëniers is: “Maak seker jy het die regte vakke soos wiskunde, fisiese wetenskap en geografie. Probeer om so gou as moontlik blootstelling aan die industrie te kry en wees bereid om baie opofferings te maak.”

Related Posts

See All
bottom of page