top of page
  • helpieflitse9

Oud-Helpie steeds ‘n Helpie in murg en been

Die Helpie-Flitse het met me. Danelle Weideman, oud-Helpie en huidige onderwyseres by Helpmekaar Kollege, gesels oor haar skooldae as ʼn Helpie.                            


 

Me. Danelle begin haar skoolloopbaan by Helpmekaar Kollege een koel somersoggend in 2011. Aangemoedig deur haar beste vriendin se suster om te kom vir 'n onderhoud was dit liefde met eerste oogopslag. Gevra of sy nog steeds HMK sal kies, antwoord sy uitgelate: "Altyd! Oor en oor."

 

Me. Danelle was veelsydig op die sport- en kultuurfront en het aan aktiwiteite soos hokkie, muurbal, atletiek, Produksie, speech guild en spraakgilde deelgeneem tot in matriek. Een van die hoogtepunte van haar skoolloopbaan was in 2014 toe Helpmekaar Kollege vir die eerste keer die Superinterhoër-atletiek gewen het. Sy vertel: "Tot vandag toe kry ek hoendervleis as ons die skoollied en die kreet by atletiekbyeenkomste doen." Me. Danelle het in haar graad 12 jaar in die koshuis gaan woon en as sy enige iets kon oordoen, sou sy al van graad 8 af koshuis toe gegaan het.

 

Me. Danelle het oorspronklik regte studeer aan die Universiteit van Johannesburg. In haar tweede jaar kom help sy egter met dramaklasse by Helpmekaar Kollege en besef dat onderwys haar ware passie is. Sy het aansoek gedoen vir 'n pos vir 2022, met die wete dat sy hier skool wil gee. "Ek het geweet ek sal hier wil skool gee die oomblik toe ek besef het ek wil onderwys swot. Nie net is die kinders besonders nie, maar die plek en die mense maak elke dag die moeite werd. Daar is geen ander skool soos Helpmekaar nie." Sy gee tans English FAL vir graad 8 tot 10.

 

Related Posts

See All
bottom of page