top of page

’n Deuntjiedraer met dryf

  • Paul Bester
  • Sep 18
  • 1 min read

Updated: Sep 26

Foto verskaf
Foto verskaf

Kaelyn Friguglietti (gr.12) is ’n bekende gesig op die akademiese top 10. Sy het die jaar begin met ’n 93,77% gemiddeld. Hierdie prestasie, wat die meerderheid leerders sou los met ’n kroniese tekort aan tyd en ’n slegte slaapskedule, is egter net die oortjies van die seekoei.


Haar raad aan leerders is: “Dit is belangrik om ’n gebalanseerde lewe te lei.” Sy slaan self ag hierop deur ’n pos as snarekunstenaar op te neem by die Simfonia Juventi, ’n beroemde, nasionale jeugorkes wat tans onder Eddie Clayton (die dirigent van Disney se The Lion King Live) speel.


Dié deuntjiedraer speel al viool van kleintyd af, aangesien musiek jou wiskundige vermoë verbeter. Sy het aan die begin van haar graad 10-jaar by die orkes aangesluit met haar graad vyf UNISA-musiekkwalifikasie en is as ’n onderleier ingedeel.

Kaelyn beplan om vanjaar haar graad ses UNISA te speel en dan oor te skuif na die Johannesburg-jeugorkes waar sy wil aanhou speel terwyl sy studeer.


Kaelyn beweer dat sy nie intrinsiek slimmer of meer talentvol as enige ander leerder is nie. Volgens haar moet mens net gaan sit en die harde werk doen. Sy glo dat haar prestasie die resultaat is van die moeite wat sy doen om haar brein verskillende vaardighede aan te leer sowel as ’n produk van haar liefde vir leer.

Sy sluit gewoonlik haar taai akademiese en musikale weke af met ’n rondte rekenaarspeletjies of ’n staptog wat weet haar veelsydigheid wys.

 

Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page