top of page
  • Jaiden Henning

Maak die lewe ʼn avontuur met dié raad

Avontuursportdeelnemers verstaan, op meer as een manier, dat die lewe uit op en af

bestaan. Wanneer jy deur die natuur reis, kan die lewe jou met unieke uitdagings verras, nes jy elke dag met situasies gekonfronteer word wat jou soms moedeloos kan maak.

 

Avontuursport-presteerders, gee raad wat die sport hulle geleer het:

 

Heinrich Wellman (heel regs): “Spanwerk is noodsaaklik tydens avontuursport. Wees bereid om op die mense om jou te lê as jy moet, maar wees altyd gereed om dieselfde vir hulle te doen. As jy dit doen, kan jy deur enigiets in die lewe kom.”

 

Stiaan Nieman (tweede van regs): “Wees altyd bereid om verder te gaan, net dié wat ver gaan, kan moontlik sien hoe ver hulle kán gaan. Teen die tyd wat jy jou verste punt bereik, sal alles sin maak.”

 

Anaïs Huyser (derde van regs): “As jy die wind van voor kry, swaai om en jy kry dit weer van agter.”

 

Marcel de Klerk (derde van links): “Hou 'n koel kop en sterk bene in die lewe. Dit is wat avontuursport vir ’n mens leer. As jy verdwaal, of in die lewe 'n laagtepunt beleef – bly kalm. Kyk na jou kaart, volg jou rigtingborde en byt vas, al is jy moeg. Jy moet op jou spanmaat staatmaak en in die lewe ook leer om op ander te vertrou en by ander te leer. Mens kom altyd by die einde uit as jy jou kaart volg. Die lewe is ook só. As jy doen wat reg is, kom jy altyd by die bestemming waar jy moet wees uit.”

 

Duan Gerber (tweede van links): “Maak nie saak hoe onaangenaam iets is nie, as jy deur dit druk, sal jy beter aan die anderkant uit kom.”

 

Sidney Nicholson (heel links): “Die lewe is nie ʼn resies nie, dit is ʼn reis. Geniet die pyn en lewe in die oomblik.”

 

Related Posts

See All
bottom of page