top of page
  • Abigael Barnard

Kunsklas neem deel in Italië

Die graad 11-kunsleerders van Helpmekaar Kollege het onlangs deelgeneem aan die Young Artist Kompetisie van Biennial Arte 2022 wat jaarliks in Venesië, Italië, plaasvind. Daar word dikwels daarna verwys as die “Olimpiese Spele in die kunswêreld.”


Die leerders het aanlyn op 30 Junie hul kunswerke ingeskryf vir ‘n kans om groot pryse te wen. Die eerste pryswenner ontvang R5000 kontant en die tweede en derde plek wenners ontvang R3000 en R2000 onderskeidelik. Ingesluit bydie pryse is skenkings van kunsvoorrade aan die pryswenner se skool. Boonop kan wenkunswerke tydens Biennale Arte 2022 by die Suid-Afrikaanse uitstallingsstaander vertoon word. Suid-Afrika sal een van die ongeveer negentig lande wees wat nasionale uitstallings vir Biennale Arte aanbied, wat van 23 April tot 27 November gehou word.


Die tema wat hierdie jaar vir die Biennale gekies is, is 'Die melk van drome.' Die inskrywing sluit ‘n beskrywing van die kunstenaars se kunswerk in asook waarvoor hulle die prysgeld sou gebruik, indien hulle wen.


Die kunswerke wat ingeskryf is:



Carli Engelbreghct (gr. 11) “Die kunswerk is gebaseer op die boek, The milk of dreams, wat geskryf is deur die surrealistiese kunstenaar, Leonora Carrington. Ek het besluit om die boek te bestudeer sodat ek die tema beter kon verstaan. Deur my herrineringe en verbeelding, het "Milk Of Dreams" vir my die beeld van my pa opgeroep.”

Stefan Venter (gr. 11) “’Die melk van drome’ het vir my oor die essensie, of eerder die gevoel van wat jou drome voorstel, gegaaan. Ek het my inspirasie hoofsaaklik gevind by my eie struikelblokke en moeilikhede wat ek in my lewe én my drome al moes oorkom. Só het ek die “melk” van my drome en lewe so goed as moontlik probeer uitbeeld.”

Kayla Meyer (gr. 11) “Ek het met my projek gekies om uit te beeld dat jou agtergrond en omstandighede nie saak maak nie. Elke persoon is uniek op sy eie manier. Dit is egter ook vir my lekker om te weet dat kykers hul eie betekenis en interpretasie oor my kunswerk kan vorm.”

Related Posts

See All
bottom of page