top of page

Hier praat die mure

  • Gabby Rademeyer
  • Oct 8
  • 1 min read

’n Muurskildery deur die kunstenaar Mars in Louis Bothalaan, Houghton                                                         Foto deur: Gabby Rademeyer
’n Muurskildery deur die kunstenaar Mars in Louis Bothalaan, Houghton     Foto deur: Gabby Rademeyer

Straatkuns is “die kommunikasie wat mense in Johannesburg herenig”, sê die skilder Magda Cornelius.

 

Maar wat is straatkuns? Dit is enige kunswerk wat op ’n openbare plek geskep word, soos op ’n muur of ’n sypaadjie, wat bedoel is om deur ’n gehoor buite galerye gesien te word.

 

’n Bekende straatkunsarea in Johannesburg is die M1-hoofweg in Newtown waar die kunstenaar Dbongz Mahlathi se werk die pilare bedek. In Louis Bothalaan, Houghton, het die kunstenaar Mars weer muurskilderye geskep.


Die werk van die kunstenaar Dbongz Mahlathi in Newtown.                                                                      Foto deur: Gabby Rademeyer.
Die werk van die kunstenaar Dbongz Mahlathi in Newtown. Foto deur: Gabby Rademeyer.

Straatkuns is ’n manier om stories van hoop, pyn en vreugde te vertel. Cornelius sê: “Kuns maak die wêreld wakker. Kunstenaars druk hul gevoelens uit deur hul kuns. Wat ’n kunstenaar voel, is wat hulle skep.” Straatkuns is dus nie net mooi nie. Dit dra ook tot gemeenskapsbou by.

 

Straat kuns skep identiteit, verfraai leë en verwaarloosde mure en laat mense trots voel oor hul omgewing. Kunsleerder Keara Bouwer (gr. 11) sê straatkuns het ’n groot invloed op haar kunswerke gehad. “Wanneer ek aan straatkuns dink, dink ek dadelik aan kunstenaars soos Banksy en hoe sy kunswerke jou anders laat dink oor die wêreld. Straatkuns motiveer my om kreatief te wees.”

 

Jordan Leibowitz (gr. 11) sê weer straatkuns “inspireer my baie as beide kunsleerder en persoon, omdat dit rou emosies van die gemeenskap verteenwoordig. Dit is noodsaaklik vir die samelewing.”


     Foto: Gabby Rademeyer,                                   St Johns straat, Houghton                                             
     Foto: Gabby Rademeyer, St Johns straat, Houghton                                             



©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page