top of page

Erfenisvierings is persoonlik en uniek

  • Gabby Rademeyer
  • 20 hours ago
  • 2 min read
Chicken drumsticks grilling on a round barbecue with open flames. Background is green and blurred, creating a warm outdoor cooking scene.
Of dit nou met braai of vis is Helpies vier hulle Erfenis met kleur en geur. Foto: wix.com

 

Erfenisdag is in 1995 as ʼn amptelike openbare vakansiedag gemaak deur die nuwe demokratiese regering onder leiding van president Nelson Mandela. Dit is meer as 30 jaar later en Suid-Afrika vier steeds Erfenisdag. Dit is ʼn baken van ons land se demokrasie en ons reënboognasie.

 

Daar is ʼn heerlike verskeidenheid van kulture in Suid-Afrika en elke kultuur het hulle eie manier om hul erfenis te vier. Ons erfenis moet bewaar word en dus moet die jeug van vandag die leiding neem. Hoe leef jong mense hulle erfenis uit en hoe bewaar hulle hul erfenis?

 

Die jeug se impak

Jude Hattingh (gr.10) deel sy siening van Erfenisdag as ʼn jong mens in Suid-Afrika. Hy sê: “Erfenisdag is vir my ʼn dag om my Afrikaner-identiteit duidelik en trots te verklaar. As jnr. Raadslid voel ek ʼn plig om die stories, waardes en geloofspraktyke wat my gevorm het, nie net te onthou nie, maar ook dit met moed en oortuiging te deel.” Hy verduidelik ook dat elke gebou, elke gedig en elke Bybelvers deel van sy erfenis is.

 

Smaaklike tradisies

Ons erfenis word nie net deur die jeug bepaal nie, maar ook deur die manier wat ons dit uitleef. Tradisies soos smaaklike tradisionele etes dra by tot die ontwikkeling van ons erfenis. Alexandria van Wyk (gr.11) vertel graag hoe sy en haar familie hul erfenis uitleef. Sy sê: “Ons braai gewoonlik of soms eet ons gepekelde vis. Vir die beste smaak word die vis vir ten minste ʼn week voor die tyd gebak en in ʼn pekel sous gelê.” Sy verduidelik ook hoe ander tradisies soos om na R&B-musiek te luister en wanneer haar niggies en nefies op amapiano musiek dans, nuwe neigings en aanpassings moontlik maak. Sy wys ook daarop dat sy haar kultuur vir altyd saam met haar met trots sal dra en dat sy wens mense haar kultuur en tradisies deur haar oë kon beleef.

 


Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page