top of page

Wenke om elke gehoor met ‘n toespraak te toor

  • Charlie Baard
  • Jun 24, 2025
  • 2 min read

Updated: Aug 13, 2025


Om toesprake te lewer… baie mense se grootste vrees. In ons skoollewe en in die regte wêreld bly dit ’n noodsaaklike vaardigheid. Van boekmondeling-toesprake tot om voor die parlement te praat, moet almal die vermoë hê om ’n toespraak te lewer.

Die groot vraag is natuurlik: Wat onderskei ’n goeie spreker van ’n slegte een? In my ervaring is dit bloot hoe graag iemand na jou wil luister.


Me. Lizet Korb, ’n beoordelaar by verskeie redenaarskompetisies, sê: “Hoe jy iets sê, bly altyd bo wat jy sê. Inhoud is belangrik, maar hoe jy daardie inhoud aan die gehoor oordra, is die magiese faktor wat veroorsaak dat die gehoor met jou konnekteer. Andersins skakel hulle af.”


Daar is verskeie maniere om jou aanbieding te verbeter. As jy jou toespraak ken, sal die konneksie met die gehoor natuurlik kom. Trek aandag met ’n treffende inleiding en gebruik humor tot jou voordeel – niks hou mense se aandag soos ’n lekker grap nie.

Majorie North bestuur ’n privaat praktyk wat spesialiseer in toesprake en kommunikasievaardighede. Sy skryf op Harvard Universiteit se webtuiste: “Ken jou gehoor, die toespraak is vir hulle,” maar sy voeg ook by: “Laat jou persoonlikheid deurskyn.”


Jy moet onthou dat jou toespraak vir die gehoor bedoel is. Dit moet hulle aandag trek en hou; hulle moet geïnteresseerd wees en graag na jou wil luister.

Vind jou eie styl en pas jou inhoud aan sodat dit by jou persoonlikheid pas. Só sal jy die mees natuurlike aanbieding hê en jou boodskap die beste oordra.

Om ‘n toespraak te kan lewer is ‘n broodnodig.

My laaste wenk is jy moet nóóit die gehoor in hul onderklere verbeel nie!


Vinnig wenke vir toespraak-aanbieding:

  • Ken jou toespraak! Jy sal minder angstig wees en jou toespraak sal meer natuurlik klink.

  • Gebruik humor: Dit hou die gehoor se aandag en maak dit lekkerder om vir jou te luister

  • Skryf vir jou gehoor: Verstaan wie na jou gaan luister en pas die inhoud, taalgebruik en grappies aan vir daardie gehoor.

  • Wees jouself: Pas die toespraak aan om jouself te weerspieël. Moenie iemand speel wat jy nie is nie.

©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page