top of page
  • Kayla Wolfaardt

KULTUURUITBLINKERS


Helpies druk besig met debat. Foto: verskaf

Helpies kán debatteer

Helpmekaar Kollege was die gasheerskool by hierdie jaar se AKTV-debatuitdunrondtes.

Helpmekaar het 16 spanne ingeskryf, agt junior en agt senior. 10 van die 16 spanne het na die semi-finiaal deurgedring, wat op 11 en 12 Mei 2023 plaasgevind het. Volgens mnr. Louis Botha, debatorganiseerder was dit die eerste keer in die geskiedenis wat so baie Helpie-spanne na die semi-finaal deurgedring het. Van die ses junior en die vier senior spanne, het een junior en een senior span deurgedring na die finaal wat tydens die Augustusvakansie in die Kaap plaasvind. Die spanlede van die juniors wat deurdring is: Stella Myburgh, Ruewan Henning en Caiden Bouwer. Die senior span wat deur is na die finaal bestaan uit Elanzé Kuhn en Nicol Jordaan.


Redenaars praat die tonge los!

Praat kan Helpies praat! Dit is weereens bewys by vanjaar se ATKV-redenaarsuitdunne. ʼn Totaal van 48 Helpie-leerders het ingeskryf om deel te neem en hulle staal te wys. ʼn Indrukwekkende aantal, 32 sprekers, het deurgedring na die semi-finaal wat op 13 Mei plaasgevind het. 22 van die 24 sprekers in die voorbereide kategorie het deurgedring na die semi-finaal, ʼn bewys dat Helpies ongelooflike talent het en hard werk. Me. Linda Peacock, Kultuurhoof, sê: "Ek staan verstom oor die innerlike krag van die Helpies. Ons Helpies het baie karakter gewys deur so baie kinders daar te hê wat ook betrokke is by ander buitemuurse aktiwiteite."

In die voorbereide kategorie (juniors) dring Sebastiaan Welman (gr. 8), Stefan Kapp (gr. 9) en Miele van Eyssen (gr. 9) deur na die finaal van die grootste redenaarskompetisie in die land. In die onvoorbereide kategorie (juniors) dring Charlie Baard (gr. 8) deur. Lehan Kruger (gr. 12) dring deur na die finaal in die voorbereide kategorie (seniors) en Emile du Toit (gr. 10) kwalifiseer vir die onvoorbereide kategorie.


Helpie-redenaars staan hulle man tydens die ATKV-redenaarsuitdunne. Foto: Mia Ludik

ATKV-applous: goud vir goue stemme

Die Helpie-koor behaal goud in die ATKV-Applouskompetisie, die oudste skoolkoorkompetisie in die land. Die kompetisie vier vanjaar sy 45ste bestaansjaar, en het oor die jare aan skoolkore die geleentheid gebied om hul liefde vir Afrikaans en hul vreugde van koorsang uit te leef.


Helmekaar Koor Foto: Zia van den Berg


Related Posts

See All
bottom of page