top of page
  • Kaitlin Scott

Kultuur is kos vir die siel

Op Vrydag, 3 Maart is Helpmekaar se jaarlikse kultuuraand saam met Hoërskool Eldoraigne gehou. Me. Elena Vorster sê: “Kultuur is kos vir die siel en die kultuuraand was weereens 'n mosaïek van klank, dans, sang, ligte en musiek.” Daar was beslis iets vir almal se smaak.

Foto: Isabella van Heerden

Die drama-leerders het die gehoor vermaak deur skreeusnaakse opvoerstukke, maar het ook die gehoor se harte aangeraak met meer ernstige monoloë. Die dansers het gesorg vir ʼn warrelwind van kleur en musiek op die verhoog. Me. Elena sê dat haar gunstelingvertonings Eldoraigne se dansgroep en Helpmekaar se koor was. “Dit was 'n wentelbaan van vinnige ritmes, tempo’s en tap dans, net om weer te verdwaal in 'n meesleurende nostalgie van Fields of Gold of Can't help falling in love with you. Die uitvoering van die Moonlight Sonata het jou op die punt van jou stoel gehou en You say bevestig dat Hy die talente mildelik aan elke leerling uitgedeel het en dat die Helpies die geleentheid saam met Eldoraigne aangegryp het.”


Die individuele sangers en kore van beide skole en Helpmekaar se orkes het noot vir noot die kollig gesteel. Lindi-Anne de Vries (gr. 11), ʼn Helpie-koorlid sê dat haar

Die Helpie-orkes tydens die eerste Kultuuraand van 2023. (Foto: Isabella van Heerden)

gunstelingliedjie beslis Thixo Onothando was. Sy sê ons kan “hope pret en Helpie-magic soos net die Helpie-koor kan skep” van die koor in die toekoms verwag.


Die uitvoerende kunste was nie die enigste kuns by die kultuuraand nie. ʼn Groep van Helpmekaar se gr. 11- en gr. 12-kunsleerders het “blind contour drawings” van die gaste geteken soos

hulle by die skool arriveer het.

Blinde kontoertekening is 'n tekenoefening, waar 'n kunstenaar die kontoer van 'n onderwerp teken sonder om na die papier te kyk. Talia van Niekerk (gr. 11) beskryf die ervaring as “iets anders”, maar ook opwindend en so bietjie stresvol. Sy sê: “Ek het baie gedruk gevoel vir tyd, want van die mense was ongeduldig om by die saal in te gaan, maar terselfdertyd het ek opgewonde gevoel oor die uitdaging om te kyk of ek die tekening soos die persoon kan laat lyk.”

Related Posts

See All
bottom of page