top of page
  • Kayla Wolfaardt

Kolskoot!

Die Helpie-Fliste gesels met Ruben Theunissen (gr. 11), ’n lid van beide die provinsiale en nasionale boogskietspan van 2022.


Lid van die SA boogskietspan: Ruben Theunissen (Foto: Verskaf)

Wanneer is jy blootgestel aan boogskiet en hoekom het jy begin om boogskiet te doen?

My pa het my op 'n baie jong ouderdom aan boogskiet blootgeste en ek het saam met hom op die boogskietkompetisiebaan grootgeword.


Hoe baie oefening verg boogskiet? Oefen jy net by die skool of op jou eie ook?

Ek oefen by die skool op Maandae, Dinsdae en Donderdae en dan skiet ek nog 50 tot 100 pyle 'n middag by die huis.


Doen jy boogskiet slegs as 'n sport, of jag jy ook? Indien jy jag, watter een geniet jy die meeste?

Ek gaan jag gereeld met my boog. Ek geniet die jag meer omdat die kompetisies meer oor die dissipline van die sport gaan. Jag gaan nie net oor skiet nie, maar ook die kuier saam met vriende en familie.


Aan watter kompetisies neem Helpmekaar Kollege deel? Wat moet jy doen om SA’s te bereik?

Ons skiet deur die jaar 'n hele klomp kompetisies. Hulle gebruik jou gemiddeld om 'n provinsiale span te kies om Gauteng by SA's te verteenwoordig. Die beste 14 skuts word dan vir die SA (Protea-) span gekies om Suid-Afrika by die World Championships te verteenwoordig.


Watter raad het jy vir iemand wat onlangs met boogskiet begin het?

Om die woorde van Chris Kyle aan te haal: “Aim small, miss small.” Skiet elke pyl asof dit die een is wat 'n kompetisie kan wen of verloor.


Ons wens Ruben alle sterkte toe vir die jaar wat voorlê en kan nie wag om nog baie van hom te hoor in die boogskietkringe nie!










Related Posts

See All
bottom of page