top of page

KI-rewolusie: Mens met masjien die antwoord

  • Nina Nieuwoudt
  • 2 minutes ago
  • 2 min read


Die vraag op almal se lippe is:  “Gaan Kunsmatige Intelligensie (KI) eendag my werk kan doen?” Volgens Vinciane Beauchene, ʼn KI-kenner, se Ted Talk op ted.com, is dit die verkeerde vraag om te vra.


Hierdie toespraak is van wye belang in ’n tyd waarin Kunsmatige Intelligensie teen ’n ongekende tempo ontwikkel en openbare kommer daaroor steeds toeneem. In haar toespraak beklemtoon Beauchene dat KI nie menslike waarde in die werkplek verminder nie, maar eerder die aard daarvan verander en verskuif.


Besighede begin nie met tegnologie nie – hulle begin met strategie

In Besigheidstudies leer ons dat alle besighede werk om ʼn mededingende voordeel te kry. Een van hierdie strategieë is differensiasie: watter uitkomste maak die besigheid uniek in die mark? KI gee maatskappye nuwe oë om hierdie uitkomstes op verskillende maniere te benader. Steeds verseker hierdie besighede dat talent nie uit berekening uit gebring word nie. Dit is wat hulle suksesvol maak – deur KI as ʼn hulpbron te gebruik, en werkers se talent te gebruik om resultate te optimaliseer.


Die korrekte mannekragbeplanning

Mannekragbeplanning vereis beplanning om te bepaal hoeveel werkers benodig word en watter vaardighede hulle benodig. In die verlede was dit ʼn raai-raai riepa speletjie wat natuurlik nie goed uitgewerk het nie, maar nie meer nie. Opsetlike herskepping. Volgens MicKinsey and Company is dit die proses om doelbewus jou besigheid se struktuur te bevraagteken en te hervorm. Let op die klem wat gelê word op hervorming, nie verandering nie. Menslike waarde in die werksplek word geskuif, nie verklein nie. Sy verwys na voorbeelde: ʼn apteker wat nou met behulp van KI ʼn data gedrewe bioloog.

 

Talentinvestering

Baie mense glo in die effektiwiteit van KI, tog vertel Viniciane dat investering in werkers se talent baie voordelig is vir besighede. Wanneer KI die nuwe norm word, selfs ‘n kommoditeit, gaan menslike interaksie soos goud word - die belangrikste kommoditeit. Drie waardes waaraan daar vasgehou gaan word in die toekoms is: vertroue, egtheid en rekenpligtigheid. “Die slimste besighede sal investeer in talent. Nie net tegnologiese talent nie, alle talent.” So vertel sy dat belegging in menslike talent baie meer voordelig sal wees vir besighede, en uiteindelik vir ons toekoms ook.


Hoewel Kunsmatige Intelligensie soos ʼn berg voor ons staan – veral as ʼn bedreiging vir die werksplek – is dit belangrik om jouself te herinner aan een aspek. Ons rolle word nie verklein nie, dit word slegs verskuif.


Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page