top of page

Is die lewe regtig moeilik — of maak ons dit so?

Alexi Davel
Jan 23
2 min read
“Die lewe is maklik. Hoekom maak ons dit so moeilik?” Hierdie eenvoudige vertrekpunt vorm die kern van die TED-praatjie deur Jon Jandai. Jandai is ’n Thaise boer, opvoeder en voorstander van ʼn gestroopte en eenvoudige leefstyle. Hy is die mede-stigter van die Pun Pun Center for Self Reliance, waar hy mense leer van selfstandigheid, volhoubare boumetodes en natuurlike landbou. Sy werk fokus op praktiese maniere om die moderne lewe minder kompleks te maak.

Baie mense glo sukses beteken meer geld en meer werk. Jandai bied egter ’n ander perspektief: Moderne samelewings maak die lewe onnodig ingewikkeld deur die voortdurende gejaag na status, besittings en aanvaarding.

Jandai vertel hoe hy vroeër geglo het dat harde werk die enigste pad na sukses is. Later verduidelik hy dat basiese menslike behoeftes eintlik eenvoudig is. Teen ongeveer 12:38 verduidelik hy dat mense hoofsaaklik kos, skuiling, klere en medisyne nodig het — dinge wat hy self geleer het om te voorsien.

Hy verduidelik dat hy sy eie huis met natuurlike materiale gebou het. Volgens hom kan mense meer selfstandig wees as wat hulle dink en dit verminder finansiële druk en verhoog lewensvreugde.

Hy argumenteer verder dat moderne mense leer om die lewe te kompliseer eerder as om dit te vereenvoudig. Die gejaag na geld en onafhanklikheid steel dikwels tyd en geluk. Sy idees stem ooreen met navorsing wat wys dat geluk dikwels stabiliseer wanneer basiese behoeftes bevredig is. Tog is sy standpunt nie vir almal prakties nie. Stedelike lewe vereis meer kompleksiteit daarom moet sy persoonlike ervaring van jou samelewingsrealiteite onderskei word.

Sy boodskap inspireer, maar laat ook vrae ontstaan: Is eenvoud ’n keuse of ’n voorreg? Is dit realisties, of romantiseer dit die werklikheid? Dit moedig mense aan om hul prioriteite en definisie van sukses te heroorweeg.

Die toespraakonderstreep die feit dat baie van ons druk self geskep is. Miskien is die belangrikste vraag nie hoe om meer te hê nie — maar hoe om genoeg te hê.

Opsomming

  • Basiese menslike behoeftes is eenvoudiger as wat ons dink.

  • Selfstandigheid kan stres en finansiële druk verminder.

  • Moderne samelewings maak die lewe dikwels onnodig kompleks.

  • Eenvoud kan geluk verhoog — maar werk nie vir almal dieselfde nie.

Comments

©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page