top of page

Duolingo: die beste van beide wêrelde

Mia Ainslie
Feb 4
2 min read

Statistiek toon dat 40% van Suid-Afrikaanse kinders nie matriek klaar maak nie. Boonop kos goeie opvoeiding ‘n arm en ‘n been en boonop is daar tekortkominge binne die huidige opvoedingsisteem. Tog bied tegnologie moontlik ‘n oplossing aangesien 80% van die bevolking selfone en 95% toegang tot die internet het.

 

Luis von Ahn, ‘n Amerikaanse entrepreneur van Gautamala, het weens sy eie agtergrond die voordele van tegnologie vir onderrig raakgesien. Hy was as kind redelik arm en kon sien wat sy ma alles opgeoffer het om hom skool toe te stuur. Hy beskryf homself as een van die gelukkiges omdat hy die enigste kind was. As volwassene en suksesvolle sagteware ingenieur en entrepreneur het hy geweet hy wou dit op een of ander manier makliker maak vir ander wat soortgelyk aan homself grootgeword het.

 

Hy en sy PhD-student, het vasgestel dat meeste mense een of ander vorm van tegnologie besit. Hulle het ook agtergekom dat daar omtrent twee biljoen mense op aarde is wat ‘n nuwe taal wil leer. Daarom ontwikkel hulle ‘n toep, Duolingo, waarop mense wêreldwyd ‘n nuwe taal kan aanleer. 

 

Duolingo het ‘n platform geword waar leer lekker en toeganklik is en boonop gratis is. Danksy ryker mense wat betaal om geen advertensies te kry nie, word miljoene mense se leerfondse indirek betaal.



Interessante feite:


·         Die langste speeltyd op Duolingo is langer as 4700 dae.

·         Die taal wat die meeste geleer word is Engels

·         Die land met die mees toegewydse sprekers is Japan.

·         Daar is nou 42 keer meer mense wat Iers leer as wat daar inheemse sprekers is.

·         Die uil, Duo, is groen, want een van die stigters hou glad nie van groen nie.

·         Jy kan ook vreemde tale leer soos Star Trek se Klingon.




Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page