ʼn Helpie wat al die voorreg gehad het om in Me. Maricien Maritz se klas te sit, weet dat dit ʼn ruimte is waar wiskunde-selfvertroue gekweek word. Daniël Basson gesels met haar oor haar onderrigmetodes.
Hoe kweek juffrou ‘n positiewe en inklusiewe klaskameromgewing wat aktiewe deelname en entoesiasme vir wiskunde onder leerders bevorder?
Ek het nog altyd geglo dat `ʼn goeie verhouding die beginpunt is. Leerlinge weet as mens regtig omgee. Dan moet jy self as onderwyser entoesiasme en energie hê.
Wat is vir juffrou die beste pas om wiskunde teen te doen?
Een konsep per les. Inoefen, huiswerk en dan merk. Soms het `ʼn moeiliker konsep soos in Verdere Studies meer as een periode se inoefen nodig. Baie van die tempo word bepaal deur die kinders wat voor ʼn mens sit.
Hoe skep juffrou geleenthede vir metakogniese refleksie vir leerders om hulle te help om hul foute te sien en hul leerprosesse te bestuur en verbeter?
Assessering. Die beste refleksie is ná `ʼn klas- of termyntoets waar eksamentoestande nageboots word. As leerlinge daar leer uit hul foute is die eksamen goed.
Waaruit stam juffrou se liefde vir wiskunde? Hoe het dit juffrou deur juffrou se lewe gehelp?
Ek was nie altyd lief vir wiskunde nie. Op Universiteit het iets “geclick”.
Ek hou daarvan dat mens deur die vak deursettingsvermoë ontwikkel. Dit is lekker om kinders selfvertroue te gee.
Wat is juffrou se grootste uitdaging as dit kom by klasgee?
Verskillende vermoëns in dieselfde klas. Om nie die kind wat sukkel te verloor nie, maar ook nie die kind wat floreer, te verveel nie.
Wat is juffrou se gunstelingherinnering sover tydens juffrou se tyd by Helpmekaar?
Die verhoudings wat ontwikkel en die pret wat in die klas gebeur.
Daar was koffiedae, krone en medaljes vir die beste prestasies. My klas is vol goeie herinneringe; die Matrieks van verlede jaar het selfs vir my `ʼn ‘collage’ gemaak om hulle mee te onthou.
Comentarios