top of page
  • Daniël Basson

Juffrou ‘Jukskei’ juig’ oor belangstelling


Waaroor gaan die bohaai oor jukskei by Helpmekaar nou eintlik? Daniël Basson gesels met met. Ju-hanie Wilken oor dié nuwe sport wat nou by Helpmekaar aangebied word.


Op watter ouderdom het Juffrou begin jukskei speel?


Toe ek ses-jaar oud was.


Kan Juffrou verduidelik wat presies jukskei behels?


Elke speler het twee rubber, bottelvormige skeie, en afhangend van jou ouderdom en geslag, staan jy ’n sekere afstand vanaf die sandput. In die sandput, presies in die middel, is daar ’n pen – wat amper soos ’n krieketpaaltjie lyk – wat geplant word en jou missie is om dit om te gooi. As jy dit omgooi, kry jy drie punte, as jy naby gooi kry jy een punt en jou span se totale doelwit is om 23 punte te kry.


Waaraan sal Juffrou, Juffrou se sukses toeskryf?


Baie harde werk, met deursettingsvermoë om te doen wat jy moet, selfs al moet jy dit byvoorbeeld bo ’n kuier met vriende kies.


Waar gaan juffrou nog vanjaar aan jukskei deelneem?


In September gaan ons by Buffelspoort in ’n o.30-prestige-toernooi deelneem. Ons het ook deur die loop van die jaar gewone ligawedstryde. En, aan die einde van die jaar, speel ek SA’s.


Hoe baie oefen Juffrou jukskei?


Nie meer so baie op die oomblik nie, want die skool hou my maar besig. Maar, onder normale omstandighede, sal ek so drie of vier keer ’n week oefen vir ten minste ’n uur of twee per dag.


Wat is Juffrou se gunsteling-Helpmekaar-oomblik sover?


Die kom-probeer-jukskei-uit-dag, waar daar baie meer kinders opgedaag het as wat ek verwag het, maklik 80, en die onnies wat teen mekaar gespeel het, en die kinders wat my op die stoepe “juffrou jukskei” nou noem.


Wie het Juffrou blootgestel aan jukskei?


My ma. Sy het altyd jukskei gespeel en rig steeds jukskei as ’n onderwyseres af.


Wat is Juffrou se lewensleuse?


Doen jou bes en weet die Here sal vir jou voorsien.

Related Posts

See All
bottom of page