top of page
  • Aldoné Kok

Jesse stoei sy toekomsdrome na

Jesse van Baalen (gr. 11) het aan die begin van 2022 aan die Afrika Kontinentale Stoei Kampioenskappe in Morokko deelgeneem. Hy het sy o.20-Junior Protea-klere verwerf en het vyfde geplaas in die Vrystyl. Hy het ook sy o.17-silwer medalje in die Griekse Romeinse-afdeling verwerf .


“Ek het al langs die stoeimat begin speel toe ek drie jaar oud was, terwyl my pa en broer oefen en het toe self begin stoei toe ek vier was,” vertel hy. Vir Jesse is die moeilikste gedeelte van stoei die sielkunde daarvan. Om alleen op die mat te wees, om verantwoordelik te wees vir jou aksies en om jouself te motiveer om te oefen. Jesse sê ook dat dit moeilik is om ‘n skooldag met die vier tot vyf ure se oefening daagliks te balanseer. In Suid-Afrika vind ‘n stoei byeenkoms gewoonlik oor een dag plaas, maar by internasionale byeenkomste kan dit tot twee dae neem om een styl te voltooi. “Dis ‘n lang proses, maar die mense wat jy ontmoet en die vriende wat jy maak, maak dit die moeite werd.”


Jesse van Baalen vertrek na Rome om te stoei Foto: Zoë Marais


Jesse sal graag eendag stoei as sy beroep wil beoefen. Tog sê hy ook dat hy nooit stoei net vir die geld wil doen nie, maar eerder vir sy spanmaats en vir die liefde van die sport. Hy is onseker wat die toekoms vir hom inhou maar met optimisme sê hy: “Stoei kan internasionale deure oopmaak. Daar is stoeiers wat die geleentheid gegun word om in die buiteland te gaan studeer terwyl hulle vir die universiteit stoei.”


“Byt vas, stoei is moeilik. Hou net aan oefen en druk deur,” is Jesse se raad aan enige aspirante stoeier. Jesse gaan van 25 tot 31 Julie Suid-Afrika by die Wêreldkampioenskappe in Rome, Italië verteenwoordig. “Ek het met stoei groot geword. Dit is in my bloed.”

Related Posts

See All
bottom of page