top of page

Hoe om vriende te maak en te behou

  • Christi Lourens
  • Jun 13, 2025
  • 1 min read

Updated: Aug 12, 2025

Almal van ons het al gedink “hoekom wil hulle nie met my vriende wees nie?” of “wat kan ek doen om meer mense te leer ken?”. Ek wens die antwoord was so eenvoudig soos: “Wees net jouself”. Alhoewel dit belangrik is, moet jy tog moeite insit.


Volgens ’n artikel gepubliseer deur die Amerikaanse Sielkundige Vereniging is mense met goeie vriende en hegte vertrouelinge minder geneig om aan depressie te lei. In dieselfde artikel word daar geskryf dat wanneer mense ’n lae sosiale verbintenis het – as gevolg van isolasie, eensaamheid of verhoudings van swak gehalte – staar hulle ’n groter risiko van vroegtydige dood in die gesig.


Madeline Miles gee ’n verskeidenheid maniere waarmee mens moontlik in die regte wêreld vriendskappe kan vorm, insluitend: Sluit aan by ’n gimnasium; skryf in vir ’n werkswinkel of ’n klas; doen vrywilligheidswerk by ’n plaaslike liefdadigheidsorganisasie; sluit aan by ’n boekklub; en ontmoet nuwe mense deur sosiale media-groepies.


Alhoewel dit goeie raad is, kan jy nie net na ’n plek toe gaan en verwag om nuwe vriende te maak nie, doen jou navorsing oor die plek waarnatoe jy gaan, die ouderdomsgroepe wat daar gaan wees en vra vir jouself of jy die aktiwiteit gaan geniet, want soortgelyke mense gaan soortgelyke aktiwiteite geniet.


Om vriende te maak en te behou is nie ’n eenvoudige proses nie, maar wanneer jy konneksies maak, raak dinge al hoe makliker, onthou om nie bang te wees vir sosiale omgewings nie, jy kan dalk die beste mense in jou lewe ontmoet.


Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page