top of page

Pot Luck Club 'n moet op jou wenslysie

  • Johard Venter
  • 12 minutes ago
  • 1 min read
The Pot Luck Club-restaurant in Johannesburg.
The Pot Luck Club-restaurant in Johannesburg.

Wat Johannesburg besonders maak, is die koskultuur. Hier is restaurante wat maklik internasionale erkenning kan kry. Hoewel ʼn skoolleerder nie noodwendig altyd die begroting het om luukse restaurante te besoek nie, het Johard Venter na ʼn soektog op die web, The Pot Luck Club op sy wenslysie.


The Pot Luck Club Johannesburg in Melrose bied ’n spyskaart van wêreld-geïnspireerde disse, ideaal vir gedeelde eet-ervarings. Die Johannsburg-tak van die bekende restaurantgroep, wat in Februarie sy deure by die Peech-hotel oopgemaak het, is een van die bekende sjef Luke Dale Roberts se projekte.


Volgens die spyskaart wat aanlyn beskikbaar is, sluit disse om van te kies in: Klein vishamburgers met miso-mayonnaise en die Taco 2.0, wat lynvis-ceviche, swartboonpuree, geroosterde mieliesalsa, avokado en chipotle-sous bevat. Vir ’n bederf is daar die kreef-shawarma met speseryjogurt, ingelegde rooikool, braaisousglans en kappertjie-gremolata, bedien met warm pitabrood.


Die restaurant is oop vir middagete van Woensdag tot Sondag (12:30–14:00) en aandete van Dinsdag tot Saterdag (18:00–21:00). Besprekings is noodsaaklik en kan deur die webwerf gemaak word.


Besoek hul webtuiste:


 

Ander Joburg-juwele, volgens ʼn artikel wat op die Eat Out-webblad verskyn het, sluit in:










Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page