top of page

Herleef en herbesin: Erfenisdag se eg-Suid-Afrikaanse tradisies

  • Nina Nieuwoudt
  • Dec 4, 2025
  • 2 min read
Ondersteuningspersoneel in hulle tradisionele drag vir Erfenisdagvieringe. Foto: verskaf.
Ondersteuningspersoneel in hulle tradisionele drag vir Erfenisdagvieringe. Foto: verskaf.

Die Suid-Afrikaanse regering definieer Erfenisdag as ʼn dag waarop alle Suid-Afrikaners aangemoedig word om hul diverse kulture, geskiedenisse en tradisies te vier en sodoende nasionale eenheid te bevorder. Natuurlik is dit die kern van Erfenisdag, maar wanneer ons kyk na ons moderne samelewing is dit belangrik om aan te pas, te moderniseer en nuwe tradisies te skep. Nina Nieuwoudt het ʼn paar neigings gaan naspoor.

 

  1. Bring-ʼn-dis-ete

Hierdie tradisie is ʼn mengsel van oud en nuut. Elke paartjie bring ʼn verskillende tradisionele dis vir almal om te geniet. Dit vat ook die druk van jou ma af om op die dag alles te maak. Die ou tradisie van tradisionele kos soos Peppermint Crisp-tert of melkkos word gebruik, maar die nuwe tradisie van ʼn ietsie-van-alles-ete maak dit meer spesiaal.

2.    Erfenisdrag

ʼn Nuwe tradisie wat ek sien, is werkers in kleinhandelwinkels of selfs in die korporatiewe wêreld wat hul tradisionele drag dra op Erfenisdag by die werk. Van ‘n “I love rugby”-T-hemp tot ʼn tradisionele Zoeloe-rok, isidwaba, wat die werksplek soveel kleur gee. Soms word die moderne, ʼn denim, met die tradisionele, ʼn kopdoek gemeng om ʼn nuwe tradisie te vestig.


Magdaleen Tseleng.
Magdaleen Tseleng.

’n Nuwe identiteit

Soos ons Afrikaanssprekende dié dag ken, is dit nie vir ons eintlik meer Erfenisdag nie, maar eerder Braaidag. Volgens The Travelling Chilli se webtuiste kom hierdie informele identiteit vir Erfenisdag vanaf ʼn baie prominente figuur in die braai-industrie, Jan Scannell, meer bekend as Jan Braai. Sy braai-verwante publikasies, soos Atmosfire of Jan Braai Junior, maak hom vir seker ʼn geldige aanspraakmaker op die herbenoeming van Erfenisdag – wat ook nou deur die Nasionale Erfenisraad onderskryf word.  

Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page