top of page
  • Leah Kloppers

Helpmekaar Kollege se orkes se tydlyn

2013: (15 orkeslede) In Maart is die orkes op die been gebring. Mnr. Peter McLea, wat vandag nog die orkes dirigeer, het alles moontlik gemaak.


2014: (18 orkeslede) Die orkes se eerste groot optrede was by die Kultuuraand. Dit was die oomblik wat die orkes deel van Helpmekaar-kultuur geword het. Die hoogtepunt van die aand was die item saam met die koor. Hulle het Laurika Rauch se weergawe van Blou uigevoer. Die musikante het die gehoor se sintuie geprikkel en van toe af het dit ʼn tradisie geword dat die koor en orkes elke jaar ʼn stuk saam doen.


2015: (18 orkeslede) ʼn Jaar van konsolidasie.


2016: (18 orkeslede) Die jaar van The Voice. Die orkes het ʼn aantal stukke saam met sangers opgevoer wat by die tema ingepas het.


2017: (25 orkeslede) Die orkes het geskiedenis by die skool se eerste musiekblyspel, Detensie 101, gemaak.


2018: (25 orkeslede) Die orkes het die “local is lekker” tema gevolg deur Johnny Clegg se Spirit of the Great Heart, Toto se Africa en Lakushoni’langa te speel. Dit was ook die jaar waarin hulle aan die tweede musiekblyspel, Gesertifiseer, deelgeneem het. Dit het deurgedring na die ATKV-Tienertoneelfinale.


2019: (25 orkeslede) Hulle het beweeg na meer klassieke stukke. Dit was ook die derde jaar wat die orkes deel van die musiekbyspel was. Die hoogtepunt van hulle jaar was Arte Della Musica, die skool se klassieke konsert.


2020: (30 orkeslede) Die jaar van die pandemie. Al die uitdagings wat daarmee saamgekom het, het egter nie die orkes ondergekry nie. Hulle het opgedeel in vier kleiner musiekgroepe en het agter die skerms wonderwerke laat gebeur.


2021: Die orkes het 39 orkeslede, met instrumente wat nog nooit tevore in die orkes was nie, soos byvoorbeeld die kontrabas. Oor die jare, het die saksofoon groep van een na vyf lede gegroei en die violiste van drie na nege.


Ons is opgewonde om te sien wat die volgende jare vir die Helpie-orkes inhou.




Related Posts

See All
bottom of page