top of page
  • Kaitlin Scott

Helpies se gunstelinge: boeke, liedjies en flieks


Boek:

 

Juf. Hanneli Vivier 

Vak: Engels

The Kite Runner

Khaled Hosseini

“Beautifully written, with a powerful plot and memorable characters that haunt you for months thereafter... It touches on political and social prejudice, while exploring the complexities of love within a foreign setting that captures your whole being!”

 

Juf. Aletha Janse van Rensburg

Vak: Afrikaans

Agaat 

Marlene van Niekerk

“Ek het hierdie plaasroman al twee keer gelees. Die boek lê my na aan die hart, want dit speel af in die Overberg, waar ek die eerste ses jaar van my lewe deurgebring het en saam met my grootouers geboer het. Agaat is ʼn komplekse roman wat ryk is aan boeiende karakters en menseverhoudings. Agaat is ʼn moet-lees vir lesers wat van ʼn lees-uitdaging hou.”

 




Christine Taylor 

Graad 12

Disorientation

Elaine Hsieh Chou

“Hierdie roman is my gunsteling omdat dit baie kwessies deur die spot en kontras van die satire aangespreek. ʼn Bonus is dat die hoofrol Engels studeer, net soos wat ek eendag graag sal wil doen.”


 

Zia van den Berg

Alumni

The Hobbit

J.R.R. Tolkien

 

“Die roman skep ʼn hele nuwe oorsig van fantasie as genre en is niks soos die fantasieboeke wat ek in my kleintyd ontdek het nie Die hoofkarakter Bilbo Baggins se uitkyk op die lewe en verhoudings met ander karakters is veral aan die begin so komieklik en snaaks. Die avontuur waarop hy gaan, word só in detail geskryf dat die roman jou heeltemal insluk en jy maklik deel vorm van hulle wêreld.”

 

Pippa Leathem

Alumni

The Fountainhead

Ayn Rand

“Die boek verduidelik ʼn filosofie wat individuele vryheid bo als ag en op dié stadium van my lewe is dit vir my ʼn ongelooflike belangrike ding om te ondersoek en daaroor te praat, want die keuses wat ek nou maak bepaal heel moontlik my toekoms.”

 

Film:

 

Mnr. Sean Barber

Vak: IT

“Wat ‘maak’ ’n fliek? Het ek vir Mnr. Samuel Ferreira (hy was op daardie stadium ʼn drama-onnie by die skool) ʼn paar jaar gelede gevra. Dit was ontnugterend om te hoor dat ʼn resep gebruik word. ʼn Aangrypende ‘plot’ met die stilering van ʼn opera, is die antwoord. Van die bestes wat by hierdie ‘wenresep’ uitkom is volgens my “Star Wars” en Arthur C. Clark se “2010 a Space Odessey”.

 

Juf Elena Vorster

Vak: Afrikaans

Top Gun

“Behalwe dat Tom Cruise op daardie stadium absoluut vir my een van die beste akteurs was, was ek in Gr. 11 toe die fliek oorspronklik uitgekom het en het baie van aksie gehou. Ek is ook natuurlik 'n hopelose romantikus en die film het net vir my gewerk. Genoeg aksie, romanse en 'n mooi storielyn. Ons het na inryteaters gegaan om fliek te kyk. Ek ruik nou nog die springmielies wat ons dan met smarties gemeng het. Goeie tye!”

 

Emma Ackermann

Graad 12

Parasite

“Die film is uitsonderlik goed gedoen. Die “plot twists” het ek glad nie verwag nie en dit het my heeltemal geskok. Die filmtegnieke, karakterontwikkeling en storielyn is fantasties. Die einde van die film het my sommer laat huil. Dis hoe jy weet dis ʼn goeie fliek: as dit jou laat huil.”

 




Amelie Muller

Graad 12

Patch Adams

 

Patch Adams” is ʼn ware verhaal van 'n mediese student wat die reëls oortree om te verkondig dat die beste medisyne liefde, lag en speel is. Die film neem my nie net op ʼn tuimeltrein van emosies nie, maar dien ook inspirasie om self die mediese rigting te volg om ook die kwesbaarheid van lewe vir ander te vergemaklik.”

 

Bea van der Walt 

Graad 10

Grown Ups

“Hierdie film is nie net humoristies nie, maar ook die perfekte tydverdryf vir wanneer jy net bietjie wil glimlag. Dit is beslis ʼn ‘goed-voel’-film.”

 

Liedjie:

 

Mnr. Linathi Jacobs

Hokkie-afrigter

“My current favorite song is: “Give A Little Kindness by Lloyiso.”It’s my favorite song currently because we live in a world where being self-critical is often the norm, this song helps me to remember the importance of treating ourselves with the compassion we readily extend to others.It goes beyond advocating for kindness towards others as it urges the listener to also be kinder to themselves too.”

 

Juf. Daniella Zwecker-Pienaar

Vak: Toerisme

Iris - Goo Goo DollsEk is eintlik ʼn romantikus en so bietjie van ʼn ‘indie-rock fan’! Ek het in die 90's grootgeword en wie beter as die Goo Goo Dolls. Maar dis eintlik ʼn moeilike vraag, ek kon ten minste nog so drie liedjie genoem het!”

 

Amelia Olivier 

Graad 12

Gilded Lily - Bronze Radio Return“Die liedjie lê my nogal na aan die hart omdat dit ʼn belangrike kwessie – selfwaarde – aanspreek veral onder ons tieners. Ons is al so gewoond daaraan om onsself te vergelyk met iemand mooier, slimmer, vinniger of sterker en ons is so vinnig om onsself te onderskat en af te kraak, nes die lirieke ook sê, “Herself she underrates,”. Tog leer die liedjie ons om jou waarde by die regte plekke te gaan soek.”

 




Kaydin Gounden 

Graad 10

Wrong Time - Will LinleyDit is een van my gunstelingliedjies omdat dit ʼn lekker ritme het, maar ook omdat dit ʼn tema het waarby ek aanklank kan vind. Alles het ʼn tyd wanneer dinge moet gebeur, maar nie alles gebeur op die regte tyd nie, maar eerder op die sogenaamde ‘wrong time’.”

 

Related Posts

See All

Comments


bottom of page