top of page
  • Leah Vivier

Gholf-uitblinkers: Brink-boeties hou die Brink-kant bo!

Die boeties, Rikus (gr. 9) en Alec (gr. 11) Brink, is bekend vir hul gholfprestasies. Leah Vivier gesels met hulle oor hulle 2024-gholfjaar.

 

Hoe het dit gekom dat julle begin gholf speel het?

 

Alec: Ons pa was altyd 'n goeie gholfspeler. In 2013 het ons saam met hom begin oefen. Die 2014 Ryder Cup het my geïnspireer om gholf ernstig op te neem.

Rikus: Sedert ons pa ons deel gemaak het van sy passie, het my liefde vir die sport net gegroei.

 

Wat beskou jy as jou grootste prestasie tot dusver in hierdie sport?

 

Alec: Ek het die Pecanwood Club Championship se rekord gebreek met -8 en was in die Top 40 by een van die grootste juniortoernooie.

Rikus: Ek het onlangs in Italië 'n toernooi gespeel.

 

Wat omtrent gholf, hou jou nog op jou tone?

 

Alec: Daar is altyd plek vir verbetering. Sukses en teleurstellings hang af van jou as individu – niemand anders kan bepaal hoe goed jy word nie.

Rikus: Gholf hou 'n mens nederig en toets jou emosioneel.

 

Wat is jou doelwitte rakende die sport, indien dit deel van jou toekomsideale vorm?

 

Alec: Ek droom om gholf in Amerika te speel, professioneel te word en 'n Major te wen.

Rikus: Ek wil op die PGA-toer speel, “College Golf” in Amerika speel en die “Masters” as amateur speel.

 

Het julle enige groot vooruitsigte vir gholf vanjaar?

 

Alec: Ons gaan Amerika toe vir 'n groot toernooi en mik vir Top 20.

Rikus: Ek berei voor vir 'n toernooi in Italië in Augustus.

 

Watter soort opvattings, komende van mense wat nie gholf speel of geniet nie, irriteer jou die meeste?

 

Alec: Dat gholf maklik is.

Rikus: As slegte spelers hul stokke blameer.

 

Wat maak iemand ʼn goeie gholfspeler?

Alec: Iemand wat baie tyd spandeer, 'n goeie temperament het en teleurstellings kan hanteer.

Rikus: Goeie telling en uithouvermoë.

 

Wat is die snaakste ding wat al met jou op ʼn gholfbaan gebeur het?

 

Alec: Ek het een van my spanmaats raakgeslaan tydens ʼn oefenrondte op Laerskool.

Rikus: Ek is deur 'n eend gejaag op die gholfbaan.

 

Wat leer julle bymekaar, as mede-gholfspelers?

 

Alec: Ons leer baie van mekaar se verskillende speelstyle.

Rikus: Alec help my met die tegniese aspekte van die spel.

 

         

Related Posts

See All

Comments


bottom of page