top of page

Geheime kode vir 'n kunsprojek

  • Almay Erasmus
  • Feb 16
  • 2 min read
'n Voorbeeld uit 'n kunsjoernaal
'n Voorbeeld uit 'n kunsjoernaal

Kuns is meer as net verf en papier. Kuns is jou kans om jou drome, stories en emosies vas te vang. Dit is jou stem op papier, hout of doek. Pak jou kunsprojekte aan op die volgende manier vir die beste resultaat.


Droom groot. Elke meesterstuk begin met 'n gedagte. Oudleerling Vida Cilliers sê: “Dink aan dinge wat diep in jou hart lê: die melodie van jou gunstelinglied, die emosies wat jy tans ervaar of selfs 'n kunstenaar wat jou inspireer.” Vul 'n bladsy in jou kunsjoernaal met woorde, prente of sketse wat jou idee weerspieël. Hierdie visuele inspirasie help jou om gefokus te bly.


Kies jou medium. Wil jy verf gebruik en 'n kleurvolle kunswerk skep? Of potlode vir sagte, gedetailleerde lyne? Herwinde materiaal kan jou kunswerk uniek maak, bv. koerante en glas. Die opsies is eindeloos. Die medium wat jy kies, vertel jou storie op sy eie manier.



Ontwerp 'n plan. Me. Kobie Crous, kuns-onderwyser, sê: “Kreatiwiteit beteken nie chaos nie, dit het 'n struktuur nodig.” Maak vinnige sketse om jou idees uit te beeld. Dink aan balans, kleure en hoe elke element bydra tot die groter prentjie.


Maak foute maak jou vriend. Wanneer jy begin, wees bereid om foute te maak. Kuns is nie perfek nie, soms is dit in die “onvolmaakte” waar die skoonheid lê. Kuns is meer as net die finale produk, dit is 'n reis van selfontdekking en uitdrukking. Jou kunswerk is 'n weerspieëling van wie jy is. Wys dit met trots!



Nog wenke:

·         Luister musiek terwyl jy werk, dit help jou om jou emosies oor te dra aan jou kunswerk.

·         Gebruik primêre kleure en skep jou eie skakerings vir 'n persoonlike voorkoms.

·         Skep unieke kunswerke deur lae op mekaar te bou om tekstuur te visualiseer.

·         Kyk na hoe jou gunstelingkunstenaars teksture, lig en beweging gebruik. Laat hulle werk jou inspireer maar maak dit jou eie.

·         Verwys graag na www.artworkarchive.com vir verdere inligting of vrae gerus ouer kunsstudente.


留言


©2021 Helpmekaar. Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page