top of page

FOMO? geen “problemo”

  • Nina Nieuwoudt
  • Feb 14
  • 2 min read


As ’n tiener, is niks só erg soos om daardie partytjie te mis, nie deel te wees van die groot groep nie of om nie saam jou maatjies in ’n klas te wees nie. Hierdie vrees staan bekend as “FOMO” – Fear of Missing Out, die ongemaklike en soms allesverterende gevoel soos Newport Academy dit beskryf.


Vir my, is FOMO veral, die ergste wanneer ek almal se Instagram-stories sien oor die vorige aand se partytjie. Ná baie navorsing, was Newport Academy se heel eerste wenk om van sosiale media af te klim. Dit klink weer asof ons sosiale media en fone blameer vir alles, maar in die bogenoemde studie, het ’n FOMO-skaal bewys dat tieners met minder toegang tot sosiale media laer op die skaal was as diegene wat volle toegang tot sosiale media het.


Wees gewillig om nie alles te hê nie. Psychology Today berig dat wanneer ons ons hoogste prioriteite identifiseer en evalueer, gee ons meer aandag aan dit wat vir ons meer betekenis het. Dit voel dalk nou asof daardie kuier heelbo op die lys is, maar eintlik wag jou Afrikaanse boekmondeling op jou lessenaar.

Verander ’n letter. Volgens Develop Good Habits moet jy eerder “JOMO” – Joy of Missing Out oorweeg as FOMO. Soms kan jou afwesigheid jou red van groepsdruk, slegte punte en valse vriende. Kry eerder geluk uit die idee om nie te gaan nie!


Ek erken dat ek gereeld FOMO in menigte aspekte ervaar en dit voel soms baie oorweldigend. Al wat ons kan doen is om dit te identifiseer, evalueer en ons houding teenoor die situasie te verander, want om ’n tiener wees is reeds moeilik genoeg!

Comments


©2021 Helpmekaar. Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page