top of page

Die kuns van balans sonder chaos: Akademie, sport en kultuur

  • Sophia Venter
  • Jun 24
  • 2 min read

Updated: 9 minutes ago

Hoërskool is angswekkend. Die akademie, die sport, die kultuur, alles word net meer en meer veeleisend tot op die punt dat jy voel jy versmoor. Haal asem. Hier is 9 praktiese wenke:


Foto: Wix.com
Foto: Wix.com

  1. Prioritiseer.

  2. Doen dinge wat jou gelukkig maak.

  3. Kies een sportitem en een of twee kultuuraktiwiteite en bemeester dit. ’n Artikel gepubliseer op Podar Education se webtuiste sê dat dit maklik is om alles te wil hê, maar dat dit emosionele en geestelike lyding veroorsaak.

  4. Vat elke nou en dan ‘n afdag. Die wêreld beweeg te vinnig as jy elke dag daarvoor probeer weghardloop.

  5. Ontwerp ‘n skedule waarby jy sal kan hou in die langtermyn. ‘n Skrywer vir Rocky Mountain Collegian sê:” ’n Gebalanseerde skedule verhoed dat jy jouself oorlaai en hou jou gefokus.”

  6. Wees konsekwent.

  7. Stel sperdatums wat vroeër is as die werklike datum. Om vir jouself sperdatums te maak is ‘n goeie manier om die gewoonte van uitstel te oorwin en op dié manier is jy altyd betyds klaar.

  8. Maak jou aktiwiteite ‘n sosiale geleentheid. Gaan hardloop met vriende, doen goed in ‘n klub, begin ‘n musiekgroep, enigiets.

  9. Die bekende skrywer en besigheidsman, Dan Pena, het gesê: “Wys my jou vriende en dan wys ek vir jou jou toekoms.” Kies jou vriende versigtig en maak seker hulle hinder nie jou ambisie nie, maar moedig jou eerder aan.


Roetine is goed, maar om ‘n ruskans te vat is meer waardevol as wat jy dink. Vat byvoorbeeld John D. Rockefeller, een van die rykste mense van alle tye. Volgens oorvertelling in Ron Chernow se boek oor sy merkwaardige lewe, het Rockerfellar die teenoorgestelde leefstyl gehad van wat jy jou sou indink. Chernow skryf dat die befaamde besigheidsman teen ‘n rustiger pas as meeste ander besigheidsmanne gewerk. Hy het selfs dikwels ná ete in sy sitkamerstoel gesluimer.

Comments


©2021 Helpmekaar. Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page