Kaitlin Scott gesels met die dirigente oor 2024: hul gunstelingkrete, gunstelingdeel van dirigent-wees en wat vir elkeen die lekkerste in 2024.
Chante-Lee Oosthuizen:
1. ”Ariesta Hippie” en “Ah Ah Lele”
2. My gunstelingdeel van dirigent-wees is die blote feit dat ek 'n beeld van die skool is, want ek is baie trots op my skool. As ’n dirigent, kan ek terselfdertyd myself en ’n simbool vir die skool wees.
3. Geesvangweek en die swemgala.
Carmen Taylor:
1. “Brood”
2. My gunstelingdeel van dirigent-wees is die feit dat ek kan skree en ‘mal-gaan’ by aktiwiteite en niemand kan vir my iets daaroor sê nie, want dit is nou my werk.
3. Swemgala.
Emily de Beer:
1. “Brood”
2. My gunstelingdeel van dirigent-wees is om geesvang van ‘n ander perspektief te sien: Die manier wat jy kan sien hoe die hele skool saam sing en hulle alles gee en hoe almal as ‘n eenheid optree en saamwerk.
3. Interhoër.
Kuti Morake:
1. “The School of Helpies”
2. Die deel wat dirigent-wees so asemrowend maak, is die verhoudings wat ek met die kinders bou by die sportbyeenkomste. Veral die graad aggies, hulle het die beste vibe en is lekker mense om mee te gesels.
3. Swemgala.
Shobai Pretorius:
1. “G.E.E.S.”
2. “My gunstelingdeel van dirigent-wees is om te sien hoe die hele skool saam sing en mekaar aanmoedig.”
3. Interhoër.
Mia Nel:
1. “The School of Helpies” en “Assandria”
2. My gunstelingdeel van dirigent-wees is die goosebumps wat ek kry wanneer die hele skool saam skree en dit eggo teen die geboue van Johannesburg en om te sien hoe ons die skool kan laat smile en lag!”
3. Interhoër.
Jack Bongartz:
1. “The School of Helpies”
2. My gunstelingdeel van dirigent-wees sover, is die oomblikke wat ek kry om nuwe mense te ontmoet en die oomblikke te sien waar die skool saam werk en hul passie uitleef.”
3. Interhoër.
Caidan Parsons:
1. “Brood”
2. “Ek dink my gunstelingdeel van dirigent-wees is die feit dat ek iemand kan wees waarna mense opkyk en dat ek altyd kan staat maak op my skool.”
3. Interhoër.
Pieter Möller:
1. “Suikerbos”
2. My gunstelingdeel van dirigent-wees is die voorreg om in beheer te wees om die kinders op te hype en passie te skep. Dit is asemrowend en dit is iets besonders om in elke Helpie se oë te sien hoe hulle lewe kry.
3. Interhoër.
Motlatsi Moloi:
1. “Suikerbos” of “Brood”
2. My gunstelingdeel van dirigent-wees is om te hoor hoe die skool ons volg en die vreudge deur Johannesburg dreun!
3. Interhoër.
Nelius van Graan:
1. “The School of Helpies”
2. My gunstelingkreet sluit aan by my gunstelingdeel van dirigent-wees. Dis wanneer die hele skool saam sing en die krete (veral “The School of Helpies”) na ons kant toe weergalm. Dit gee my sommer hoendervleis.
3. Interhoër.
JP Lombard:
1. “Assandria”
2. My gunstelingdeel van dirigent-wees, is wanneer ons tydens “Assandria” op ons hardste skree!
3. Swemgala.
Comments