Braaidag: Jan Braai se breinkind
- Mia Ainslie
- Sep 24, 2025
- 2 min read
Updated: Dec 1, 2025

Verbeel jou dat jy so ’n groot impak in ’n sekere industrie het dat niemand eens jou regte van kan onthou nie. Dit is presies wat met Jan Braai gebeur het...
In 2005 was Jan Braai nog maar net eenvoudige Jan Scanell van Stellenbosch, voor sy lewe omgekeer met die idee van Braaidag wat in sy kop ontwikkel het. Hy het 24 September as ’n geleentheid gesien om die mense in Suid-Afrika te verenig met iets wat ons almal liefhet: Braai. Hy glo dat jou ras, taal en kultuur maar net ’n bysaak is as ons almal saam rondom die vuur kan sit. In sy woorde: “Ons is almal anders, maar ons almal braai.”
Hy kry sy idee op die wiele deur mense aan te moedig met sy bekende program “Jan braai vir erfenis” en verskeie resepteboeke waar hy ons almal leer om ’n behoorlike braaibroodjie aanmekaar te slaan. Hy gebruik borge en kompetisies om sy idees te versprei van sy tuiste in Kaapstad tot in die verste hoekies van Limpopo. Hy het selfs bekendes in sy veldtog betrek. Selfs Aartsbiskop Desmond Tutu het in 2007 sy ondersteuning verklaar het deur te sê: “Ons deel een ding – ons liefde vir braai.”
Vandag is Jan Braai ‘n naam wat ons almal herken en 24 September is ‘n dag waarna ons almal as Braaidag verwys. Ná 20 jaar verenig die braai steeds Suid-Afrikaners, danksy Jan Scanell wat graag ’n verskil wou maak.
Nog van Jan Braai:
· Volgens hom is ‘n steak die perfekte medium-rare by 52 grade Celsius.
· Hy het eers rekeningkunde geswot voor hy die braaimeester geword het.
· Hy is die wêreldrekordhouer vir ’n aaneenlopende braai - meer as 28 uur.
· Hy het selfs ‘n kinderboek geskryf: My first Jan Braai book.




Comments