top of page
  • Elizabeth Kruger

Basketbal nou ook ‘n amptelike sport

Basketbal is 'n span sport waar twee spanne van vyf spelers elk mekaar op 'n reghoekige baan teenstaan. Die doel van die spel is om die bal deur die teenstander se hoepel te gooi en sodoende punte te verdien terwyl die teenstander probeer om dieselfde te verhoed. Die span met die meeste punte aan die einde van die wedstryd wen.

Foto: Zoe Marais

Die meerderheid van die leerders in Helpmekaar Kollege se vooropgestelde idee van basketbal is gebaseer op films soos High School Musical, Coach Carter en Glory Road. Me Marissa Boshoff wou dit egter verander en het die voorstel om basketbal deel van die skool se sportaanbieding te maak, gemaak. “Omdat basketbal nog ʼn nuwe sport is, is daar nog vele uitdagings, soos om die reëls te begryp,” meen me. Boshoff.” Ten spyte hiervan het Helpie-basketbalspanne wel vanjaar van krag tot krag gegaan.


Me Boshoff verduidelik dat basketbal vir die leerders wat wintersporte uitoefen ‘n geleentheid gee om sport te doen in die eerste en derde termyn van die jaar. Vanjaar het seuns en dogters die basketbalbane aangepak en wedstryde teen ander skole aangedurf. Daar is elke week vordering in die spanne se vermoëns gesien. Verder lyk die toekoms vir hierdie sport by Helpmekaar goed. “Dit is ‘n baie lekker sport,” meen Margitte Kirstein (gr. 12). “Ek was lus om myself uit te daag en iets nuuts te probeer,” sê sy.



Foto: Zoe Marais

Related Posts

See All
bottom of page