top of page

#Jongstemme: Laat vryheid heers – maar wat van die waarheid?

  • Redaksie
  • Oct 10, 2024
  • 2 min read
ree

“Dit is ’n ideaal waarvoor ek bereid is om te sterf.”


Op 20 April 1964 lewer Nelson Mandela ‘n drie uur lange toespraak tydens die Rivonia-verhore waar hy stel dat hy bereid is om te sterf vir ‘n regverdige, demokratiese, nuwe Suid-Afrika. Hy is ná die verhoor skuldig bevind van sabotering en beplanning van 'n gewelddadige rewolusie teen die apartheidregering en is gevonnis tot lewenslange tronkstraf.


“Laat vryheid heers.”


Op 10 Mei 1994, ‘n volle 30 jaar later, is hy verkies tot president van Suid-Afrika.

Daar is baie mense wat ‘n rol gespeel het in die omverwerping van die apartheidregering, maar die onbesonge held wat regtig die grootste verskil gemaak het was die media. Die nuwe Suid-Afrika was ‘n baken van hoop, ‘n aanduiding van ‘n nuwe begin, alles te danke aan mense se aanslae om die waarheid te openbaar. So wat het gebeur? Vryheid van spraak is nou ‘n mensereg, maar word ons ons regte gegun?


Die media se doel is om die waarheid te openbaar en vir almal beskikbaar te maak. Mandela se toespraak sou byvoorbeeld sonder die mediadekking van onafhanklike koerante nie bekend geraak het nie. Maar terwyl die media veronderstel is om die waarheid te verklaar, is daar gewilde sekondêre bronne van inligting wat besig is om die integriteit van ons keuses in gevaar te stel – die internet.


Ons almal weet van die November 2024-verkiesings wat in Amerika plaasgevind het. Talle het na Trump verwys as “die oranje malmens” en Harris die “tipiese vroulike draadsitter”. Begrippe wat jy nie in een erkende koerant of tydskrif sal vind nie, maar op TikTok en X wel.


Vryheid van spraak is een ding. Om politici se gedrag en aksies te kritiseer is belangrik vir ‘n land se welsyn en kiesers moet ‘n realistiese beeld hê van die kandidate wat hulle toekoms kan bepaal. Maar met sosiale media wat verander het in die gewildste bron van inligting, het ‘n nuwe epidemie die mensdom betree: Misinformasie. Besprekings oor die verkiesing het verander van ‘n transaksie van opinies, na een groot gemeenskaplike skindersessie.


En die ergste van alles is die kandidate eet dit op. Elke politikus wat “gecancel” word is ʼn geleentheid vir iemand nuut om hierdie gerugte as ‘n wapen te gebruik.

 

Die internet gee ons ’n stem, maar ook ’n risiko. Misinformasie bedreig ons reg op waarheid. Kies met kennis – want net dan is jou stem werklik vry.

 

 

Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page