top of page
  • Emma du Plessis

Swaarkry met lekkerkry klaarkry – hoe om meer positief te leef


Positiwiteit behels die handhawing van ʼn optimistiese uitkyk op die lewe.

Dit betekenom vrolik en hoopvol te wees, selfs wanneer jy voor uitdagings te staan kom. Positiewe mense soek die goeie in elke situasie en is dankbaar vir wat hulle het. Hulle sien die glas as half vol, in plaas van half leeg. Tog bly die uitdaging: hoe neem ʼn mens hierdie positiewe denkwyse aan?


Prof. Xander Smith aan die Universiteit van Texas vertel dat, “positiewe gedagtes

genereer positiewe gevoelens en dit lok positiewe lewenservaringe uit.” Die pad na

positiewe gedagtes vereis die manifestering van positiwiteit in jou lewe. In

eenvoudige terme beteken dit om iets uit jou gewenste werklikheid ʼn realiteit te

maak deur te fokus op die positiewe uitkoms wat jy wil bereik en jou gedagtes en

optredes daardeur te laat lei. Gebruik positiewe woorde om jouself en jou lewe te

beskryf. Dink aan al jou goeie karaktertrekke en fisiese eienskappe. Hou ʼn sessie

met jouself en herhaal hierdie mantra: “My lewe is kommervry, my probleme is nie

onoorkombaar nie, ek is ʼn baie gelukkige persoon. Ek het selfvertroue en bly getrou

aan myself.” Jy kan nie ʼn positiewe lewe leef met ʼn negatiewe denkwyse nie. Hoe jy

praat, is hoe jou lewe sal wees.


Volgens www.PositiveLiving.com is een van die beste maniere om meer positief te

leef deur jou stres te verminder. Wanneer ʼn mens stres eindig dit altyd in negatiewe

denke. “Ek het nie genoeg tyd vir hierdie nie. Ek gaan nooit my huiswerk klaarmaak

nie.” Dit is ʼn vasgestelde en gevreesde siklus wat almal ervaar, maar daar is ʼn

maklike oplossing. Hier is stres hanteer jou beste geweer. Vind maniere om stres te

verminder deur vinniger werk klaar te maak, beter tydsbestuur, meer tyd met familie

en vriende te spandeer of selfs deur om te mediteer. Wat dit ook al is wat jou laat

rustig en vreedsaam laat voel. Doen dit meer! Dit is beslis ʼn manier om jou te help

om ʼn positiewe lewe te lei.


ʼn Laaste manier hoe jy meer positief kan leef is om net in die oomblik te leef. Wat

ook al jy wil doen, doen dit nou, daar is net soveel môres. Geniet elke dag asof dit

jou laaste kan wees. Vier die lewe! Volg jou drome, maak nie saak hoe groot hulle is

nie - as jy nie bang is vir jou drome nie, is hulle nie groot genoeg nie. Voluit leef is

positief leef en dit is iets wat ons almal kan doen as ons dit net ʼn probeerslag gee.



Related Posts

See All
bottom of page