top of page

Liewe Afrikaans #9

  • Wian Wilson
  • May 15
  • 1 min read
ree

Ek weet baie keer nie watter leestekens of skryftekens om te gebruik as ek ʼn opstel skryf nie. Ek weet baie keer nie watter woorde om te gebruik as ek iets of iemand wil beskryf nie. Ek weet baie keer nie wat om in ʼn taalleertoets te skryf nie, dan sê ek net “om te beklemtoon”. Ek ken dalk nie al die taalreëls nie, maar ek weet dat jy ʼn goeie vriend is.


Afrikaans, my vriend, in hierdie honderd jaar wat jy saam met ons was, het ons gelag in Afrikaans, gedigte geskryf in Afrikaans, gesing in Afrikaans en geskreeu as die Springbokke ʼn drie gedruk het in Afrikaans. Al het Suid-Afrika hoeveel ander tale en kulture, is daar net een van jou en daar sal altyd net een van jou wees.


Ons gaan ons kinders leer van jou, sodat hulle hul kinders kan leer van jou en bly bou aan jou.

Groete,

Wian Wilson

 

Comentarios


©2021 Helpmekaar. Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page