top of page

#jongstemme: Deur die jare

  • Alexi Davel
  • May 22
  • 1 min read

Updated: Aug 25

ree

Afrikaans

Hier staan jy nou

Met 100 kersies op jou koek

Lyk oud vir mense

Ouer as ons leeftyd

Min het jou geboorte beleef

Maar tog

So jonk in vergelyking

Met jou broers en susters

 

Jy was daar in die loopgrawe

So, so jonk

Geweer in ʼn bewerige hand,

Gasmasker op jou gesig

“KOM AF, SIT JOU MASKER OP!”

Skreeu die generaal

 

Jy het al die nuwerwetse kapsels gehad

ʼn bob of ʼn Hollywood-golf

Jy het geleer oor die volksmoord

Deur mense in Duitsland

By die voorste linies in Egipte

Ten minste was jy nou ʼn volwassene

Jy het gesien hoe die rasse geskei word

“Eenkant toe!” Skreeu van die mense

Jou hart gebreek, dit is nie hoe die land moet wees nie

Daar is hoop, in die vorm van Nelson Mandela

Hy probeer die land herenig

 

Daar’s nou kleur TV’s

Wat al die lelik van die land uitbeeld

Uiteindelik, is die land weer een

Die slagoffers kry ʼn stem

Een wêreldbeker onder jou knie

Jy’s ouer, maar jy praat nou weer soos ʼn tiener

“Hoezit my bra?!” vra die kinders vir mekaar

Daar’s nou boeke en sepies oral

Net vir jou

Later wiki’s, ViVa en Weet

 

Nou vier ons saam met jou fees

En almal neem deel

So wees gerus, Afrikaans

Jy sal nie vergeet word nie...

 

Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page