top of page

Liewe Afrikaans #8

  • Carien van Krieken
  • May 15
  • 1 min read

Updated: 4 days ago

ree

Ek skryf ʼn brief aan jou om jou verjaarsdag te vier. Om 100 jaar oud te wees, en nog só jonk te lyk is iets wat net jy kan doen. Jy help my om my emosies rou uit te druk, myself te ontdek in my moedertaal en al my gelukkigste oomblikke met jou te deel. Van somber gedigte, na vrolike liedjies en motiverende praatjies, praat jy elke keer die perfekte taal. Afrikaners hoor hoe jy sing in die wind, voel jou teenwoordigheid en rustigheid diep binne ons harte. As tyd net kan stilstaan, sodat ek opnuut kan besef hoe kosbaar jy is en jou nie as vanselfsprekend aanvaar nie. My liefde vir jou sal nooit vergaan nie, selfs al is ek nie meer op aarde nie, jy sal altyd wees. Ouma wat roep: “Kom bak koekies, my kind!” is die eerste sin van die Afrikaanse taal wat ek kan onthou. Só ʼn eenvoudige sin wat soveel betekenis dra. Jy leer my elke dag ʼn lewensles deur innoverend en aanpasbaar te wees. Afrikaans, my hartsvriendin, my lewensgenoot wat my beskerm teen die monsters in die donker, sonder jou is my hart rou. My lewe draai om jou, elke glimlag, traan en opgewonde avontuur kom vanaf die wolke se blou.

 

Carien van Krieken

Gr. 11

תגובות


©2021 Helpmekaar. Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page