Liewe Afrikaans #6
- Gabby Rademeyer
- May 10
- 1 min read

Jy is die wind onder my vlerke en die veilige vestiging van elke Afrikaanssprekende. Jou stroopsoet woorde vul ons met trots en ontsaglike liefde.
“Jamblikke! Visblikke! Drie by Drie!” Elke Suid-Afrikaner ervaar jou nabyheid by elke sportgeleentheid. Ons hoor jou ego’s in elke stadium. Jy is so jonk en pronk met jou erfenis. Jy bring nasies saam.
Jy is my liefdeslied, jy is my “De la Rey”, jy is poenankies. Afrikaans jou woorde volg ons oral. Jy is die deel van ons erfenis wat niemand kan ontken nie. Jy is die warmte onder die Afrika-son. Hoe is jy so jonk, maar so wys? Jy groei elke dag saam met ons elkeen. Jy abba my wanneer ek nie die woorde het om te praat nie. Jy maak my wie ek is.
Jy is die gedig wat een en elk raak. Daar is nie woorde om te beskryf hoe goed jy vir my is nie. Soms is jy moeilik om te verstaan, maar ons kan altyd meer van jou leer.
Baie liefde
Gabby Rademeyer
Gr. 11
Kommentare