top of page

Liewe Afrikaans #3

  • Lienke Olivier
  • May 5
  • 1 min read
ree

Eens was daar gedink Afrikaans is ʼn taal wat uit iemand se duim gesuig is. ʼn Kombuistaal het hul vermoed... Maar die mengelmoes van Duitse, Hollandse, Engelse en vele ander taalsaadjies het wortel geskiet in die vrugbare moederskoot van Afrika. Jy het hulle gewys waar Dawid die wortels begrawe het. Nou is jy ʼn sprokiesmooi  en sielvolle taal vol kwinkslae en hartswoordjies. Jy is ons taal. Jy is diep gegrond, maar tog buigbaar en byderwets. Met jou het hulle die draak probeer steek, maar die koeël was lank reeds deur die kerk: Jou saad het gespruit in ʼn pragtige blom, sodat ons ʼn hond uit ʼn bos kan praat. Jy het die eierdans uitgevoer en nooit van jou wysie afgeraak nie. Jou sprekers se harte klop op die maat van Afrikaans. Dis nostalgie met ʼn boerepompie, Die Uile, Saartjie en Trompie. Afrikaners is ʼn lekker plesierige klompie. Dis lekker braai en idees-vol-vrees-grappies. Dis beslis nie neusie verby nie. Jy is nog ver van kierieverlof.  Jy is altyd in jou noppies en loop oor van vreugde. Jy is altyd vuur en vlam en aan die gang. Met jou gaan dit steeds klopdisselboom.

 

Oos wes Afrikaans bes.

Lienke Olivier

(Gr. 10)

Related Posts

See All

©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page