top of page

Liewe Afrikaans #1

  • Johard Venter
  • May 1, 2025
  • 1 min read

Updated: Aug 28, 2025

Ons vier jou 100ste verjaardag as 'n amptelik erkende taal, en watter ongelooflike reis was dit nie! Van jou oorsprong in die Kaap, gevorm deur ‘n verskeidenheid kulture en tale, het jy gegroei tot 'n unieke taal wat miljoene mense regoor Suid-Afrika en die wêreld hul huistaal noem.


Jy is die taal van ons oumas en oupas, die stories wat van geslag tot geslag oorgedra word, en die tradisies wat ons identiteit vorm. Jy het die toets van tyd geslaag en nooit uitgesterf nie. Jy is die taal van digters, skrywers en musikante wat hul drome, hoop, en liefde deur jou uitbeeld. Jy is die taal van gewone mense, van die boere op die plase tot die kinders in die middestad. Jy herinner ons aan ons ryk erfenis. Jy het 'n simbool geword van eenheid en kreatiwiteit, van deursettingsvermoë en trots. Terwyl jy hierdie mylpaal bereik, sien ons uit daarna om jou verder te sien groei, nuwe stemme en stories te hoor, terwyl die verlede met respek geëer word.


Geluk met jou honderdste verjaardag! Mag jy nog lank voortbestaan en mag jy aanhou om mense bymekaar te bring.


Johard Venter

Gr. 11

Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page