top of page
  • Aldoné Kok

Laaste woorde van Helpie-legende

29 Oktober 2021: Die dag toe die nuus van mnr JP van der Merwe wat afskeid neem, bekend gemaak is. Dit was asof ń donker wolk oor Helpmekaar Kollege gesak het. Die somber atmosfeer getuig van mnr Van der Merwe se impak en die respek wat die Helpies vir hom het. Sy voetspore is diep en sy skoene is onmoontlik om te vul. Hy het ń groot rol gespeel in die bou van Helpmekaar om dit die skool te maak wat dit vandag is. Mnr JP mag dalk Helpmekaar verlaat, maar Helpmekaar sal hom nooit vergeet nie.



1. Hoe lank is Meneer nou al deel van die Helpie-familie?

18 Jaar. Vanaf 2004 – 2021.


2. Wat is Meneer se gunstelingherinnering van Helpmekaar Kollege?

In 18 jaar baie, maar toe ons in 2014 in gietende reën die Super Interhoër vir die eerste keer gewen het, sal my altyd bybly.


3. Hoekom het Meneer besluit om by Helpmekaar Kollege te begin werk?

Die uitdaging om die eerste Afrikaanse privaat hoërskool in Suid-Afrika te kan wees.


4. Meneer se passie vir atletiek is alombekend. Waar kom hierdie liefde vandaan?

Ek dink my groot talent is om te motiveer. Ek self was nooit ‘n groot sportman nie. Ek het gou geleer dat ander mense deur positiewe inspirasie gemotiveer kan word.


5. Wanneer het Meneer besef Helpmekaar Kollege is uniek?

Van die eerste dag toe ek die trappe opgestap het na die hoofgebou. Helpmekaar is in die mure, geboue, op die gange, in mense.


6. Wat is die grootste les wat Meneer in jou tyd by Helpmekaar Kollege geleer het?

Dat jou werk nooit klaar is nie. ‘n Baie goeie kollega het altyd gesê: “Die een werk roep die


volgende.” By Helpies hou werk nooit op nie.


7. Wat gaan Meneer die meeste mis?

Alles. As Helpmekaar eers in jou wese is, sal jy altyd na die skool hunker.


8. Wat is Meneer se motto in die lewe?

Jy kan enige iets in die lewe bereik, dit hang net af hoe graag jy dit wil hê.


9. Is daar nog iets wat jy vir die Helpies wil sê?

Daar’s nie na guns of eer te kyk

Daar’s nie na links of regs te wyk

Daar’s net te swyg en aan te stryk

Komaan! Komaan!

Related Posts

See All
bottom of page