top of page
  • Simonne van der Vyver

Gilmore Girls – ’n ikoniese treffer

“If you’re out on the road, feeling lonely...”

Die hele wêreld bars van opgewondenheid as dié bekende woorde van die temalied van een van die bekendste TV reekse, Gilmore Girls, begin speel. Die vraag is egter, is die reeks so aanloklik vir almal soos wat die hele wêreld dit laat voorkom?


Gilmore Girls (2000–2007), geskep deur Amy Sherman-Palladino, handel oor ‘n ma Lorelai Gilmore, en haar dogter, Rory Gilmore en hulle lewe in Stars Hollow en Hartford, asook hulle verhouding met mekaar en ander mense.


Die reeks is ’n mengelmoes van trane en blydskap en elke situasie waardeur en van die Gilmore “girls” gaan, is iets waarmee enige van ons kan vereenselwig. Byvoorbeeld, Rory wat vir die eerste keer met iemand opbreek, of Lorelai wat ’n gebroke verhouding met haar ouers het, of selfs iets so eenvoudig soos die stres wat gepaardgaan om vir ’n universiteit in te skryf.


Nie net is die situasies iets waarmee ons kan vereenselwig nie, maar die karakters is realisties, glad nie stereotipies nie en ervaar ook goeie karakterontwikkeling.


Die teks is ook baie goed geskryf, met uitstekende komiese tydsberekening en vermaak.


Hierdie reeks word dus sterk aanbeveel vir enigiemand en gaan jou dalk ook soos die hele wêreld laat skreeu van opgewondenheid as die temalied begin met die woorde van “If you’re out on the road...”

Comments


bottom of page